Woensdag, 02 Maart 2016

Gluten vrye Soet en Sout tertkorse

Ek gee vir julle ‘n kykie in my Gluten-vry klas wat ek op ‘n maandelikse basis aanbied. Daar gesêls ons ook oor Low Carb en vele gesonde kos. Hierdie reseppie is gebasseer op ‘n broskors konsep en kan met die hand of met ‘n voedsel verwerker gemaak word.

Ons sit deesdae met soveel snaakse dieete, voedsel allergiee dat ons met ‘n nuwe bril na korse vir pasteie en terte moet gaan kyk. Dus het ek in die toetskombuis resepte getoets om die volgende algemene korsies op te stel met vele gebruike. In hierdie dokument het ek vir julle twee resepte geplaas. Een vir soet kors en een vir soutkors.

Soutkors Resep
150g Qunoa of Kekerertjiemeel
150g Margarien
150g Cheddar kaas

Metode:
1. Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en meng totdat dit soos broodkrummels lyk. 

2. Druk die mengsel in ‘n gesmeerde pannetjie van jou keuse.

3. Indien jy dalk te veel van die mengsel het kan dit gevries word en later by kamer temperatuur ontdooi word.

4. Die kors word nie vooraf gebak nie en die vulsel word dan direk in die kors geskep en gebak. 

Soetkors
60g Tapioka meel
60g Mielieblom
30g Aartappel stysel (nie meel) indien onverkrygbaar vervang met mielieblom
120g Rysmeel
5ml Xanthan gum of Arabic gum (dra by tot rekbaarheid deegh soos gluten sou doen)
2.5ml Sout
15ml Strooisuiker
230g Botter of Bakmargarien soos Rama of Stork
1 Eier, koud
15ml Asyn of suurlemoensap
60ml Ys water

Metode:
1. Sif al die meel, sout en suiker saam. Plaas in voedsel verwerker en voeg die botter by. Draai die lem totdat die mengsel soos broodkrummels lyk.

2. Voeg die eier en water by en draai die lem vir 1 minuut. Keer die deeg uit en druk liggies aan mekaar. Indien die deeg droog lyk voeg lepels gewys water by. Laat die deeg vir 20 minute in die yskas rus.

3. Rol die deeg uit en voer tertbak uit soos nodig.

4. Prik die basis en bak blind by 190℃ vir 10 minute. Verwyder bone en maak die kante toe met foelie as jy bang is dit mag dalk te donker bak. Bak verder vir 15 minute by 180℃ of tot gaar.

5. Die doppe vries sommer baie goed.

Bron: Annelien Pienaar, Glutenfree kook klas 2015, www.bosenbergguestfarm.co.za

Hoeveelheid: 1 tert kors van 23 cm deursnit.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking