Maandag, 14 Maart 2016

Brandewyn en Karamel Botter

Goed, as jy regtig die bederf van jou lewe wil hê dan is dit hierdie botter saam met enige soet muffin, brioche, piesang- of dadelbrood, mosbolletjie broodjie wat in skywe gesny word, gerooster, franse roosterbrood, plaatkoekies, croissants en vele meer! Jy kan selfs klein koekies soos koffie koekies aan mekaar plak met hierdie dekadente botter. Spuit die klaar botter in 'n mooi glasflessie en plaas in yskas om te set. Haal uit net voor opdiening om sag te word en dink net hoe mooi kan jy met die kleure speel om 'n fyn tafel op te tower!

Ons het met die botter groot geword en vir een of ander rede het dit uit gebruik geraak. Op ‘n stadium blaai ek deur my ma se verflenterde resepte boekie wat sy so gereeld gebruik het en kom op die eenvoudige reseppie af. Dit hou regtig lank in die yskas en kan ook gevries word. Maar voor dit by vries uit kom...wel dan is dit op!

Resep
250g Botter, kamertemperatuur (moet botter wees)
250ml Versiersuiker
65ml Brandewyn (1/4k) of heuning of amarula...speel met die smake!
1t Suurlemoensap
1t Karamel geursel
*variasies: gerasperde wit sjokolade, stukkies sjokolade, chaiseeds, fyn nuete in die beslag, kaneel, karamel...

Metode
1. Room die botter tot sag en romerig. Geen klonte mag sigbaar wees nie. Voeg dan die versiersuiker by en klits tot lig en donsig vir ongeveer 5 minute.

2. Voeg die brandewyn by en klits weer vir 2 minute deur, voeg laaste suurlemoensap by en klits weer 2 minute!

3. Spuit in houertjies of individuele porsies, groot genoeg vir een smeerseltjie. Ek het al van hulle so perfek gespuit dat dit soos 'n macaron uitgekom het! Rose spuit ook mooi met hierdie mengsel, maar maak seker die konsistensie van die botter is spuitbaar. Laat effens warm word in so indien nodig.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, www.bosenbergguestfarm.co.za
Hoeveelheid: 500g smeersel

English Version
Recipe
250 g butter, room temperature (must be butter)
250 ml Icing
65 ml Brandy ( ¼ cup) or honey or amarula ... play with the flavors!
1 t Lemon juice
1 t caramel flavoring

* VARIATION: grated white chocolate, chocolate pieces chai seeds, fine nuete in the batter, cinnamon, caramel ...

Method:
1. Cream the butter until soft and creamy. No lumps may be visible. Add the icing sugar and beat until light and fluffy for about 5 minutes.

2. Add the brandy and whisk again for 2 minutes, add lemon juice and whisk again for 2 minutes!

3. Pour into containers or individual servings, enough for one serving. I piped them so perfectly that it came out like a macaroon!
Roses can also be piped nicely with this mixture, but make sure the consistency of butter is sprayable. Leave to warm a little if necessary.

SOURCE: Annelien Pienaar, 2016 www.bosenbergguestfarm.co.za


QUANTITY: 500 g spread.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking