Vrydag, 12 Februarie 2016

Banting broodjie in 'n koppie

Tydens 'n kuiertjie in die Kaap en ook 'n werksweek bly ek by paar vriendinne oor. Die twee sussies kan nogal lekker konkoksies saam sit. So het Esmari Schoeman haar Banting broodjie in 'n Mug vir my leer bak. Die broodjie kan met sukses vermeerder word, maar nie meer as 4 keer nie.

Die broodjie is heerlik klam. Dit bak binne twee minute in die mikrogolfoond gaar. Jy kan kaas, pampoenpitte en spek bysit vir variasie. Ek het waarlik die broodjie sonder dit geniet.

Nou soms is hierdie tipe resepte vir banting nogal uiters geskik vir die Paleo of Caveman diet mense asook die gluten allergiĆ«. Ek het die eier vervang met 50g kekerertjie (Chickpea) sap om die eier te vervang. 

Resep
3e Amandel meel
1e Coconut meel
1 Eier, lig geklits
½ t Bakpoeier
2 ½ e Olyf olie of Botter
3e Water

Metode:
1. Neem 'n koffie beker en smeer dit met botter uit of kleefwerende kos sproei.

2. Meng al die bestanddele saam en skep in die koppie.

3. Plaas die koppie in die mikrogolf oond en op 100% krag maak die broodjie gaar vir ongeveer 2 minute.

4. Keer uit koppie en geniet!

Bron: Esmari Schoeman, 2016.
Hoeveelheid: Genoeg vir 1 persoon.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking