Maandag, 28 Desember 2015

STOKVIS EN AARTAPPEL POFFERTJIES

Hierdie veelsydige reseppie kan met enige vis vervang word. Ek het onlangs Pilchards gebruik in die plek van die gewone vis. Dreineer net die stukke baie goed en hou die sousie om later oor die gaar poffertjies te bedien. Ek sit die poffers vir die kinders in hul kosblikke, bedien dit as ‘n ligte middagete of as ‘n vingerhappie vir die manne as hulle maters kom kuier. Vries ook  baie goed en kan reeds vooraf berei word. 

RESEP
450 g Vis filette - gaar gestoom of in melk geposjeer
500 g Gaar aartappels - geskil en fyn gedruk
1t Dill tippies of tiemie, gedroog
Sout en peper na smaak
Brood krummels
2 Eiers geklits
Koekmeel
Olie vir diepvet braai

METODE

1. Posjeer die filette in bietjie melk tot gaar. Posjeer beteken net liggies gaar maak by matige hitte sodat die vis nie taai word en uit droog. Dit neem ongeveer 10 minute op die langste om gaar te word. Dreineer die vloeistof en maak die vis fyn.

2. Kook dan die aartappels in lig gesoute water met skil tot sag. Trek skilletjie af en druk fyn sonder enige botter of melk. Meng met die vis en sout en peper na smaak. Dill is nogal ‘n heerlike krui om saam met kappok aartappels en vis te gebruik asook bietjie neutmuskaat.


3. Laat die effens koel en maak ongeveer 50 g balletjies. Plaas die balletjies op ‘n bakplaat en verkoel vir 1 uur. Sodra die balletjies ferm is kan jy dit in koekmeel rol en dan bak in vooraf verhitte diep olie. Jy kan ook die balletjies nadat dit in die meel gerol is vries en dan later soos nodig is gebruik.


of vir viskoekies:

4. Maak 100g hopies wat jy netjies in 'n pattie vorm. Plaas op bakplaat en sit in vrieskas om styf te word. Net voordat jy dit bak, haal uit, plaas in eier, en dan krummels. Druk die krummels lekker vas en bak in vlak vet of in die oond vir 25minute.

4. Dreineer en bedien warm.


BEDIEN MET: Aioli sous (sterk knoffel mayonnaise), knoffel room, mosterdsous


English Version
RECIPE
450 g Fish fillets - steamed or milk poached
500 g Cooked potatoes - peeled and crushed
1 tsp Dill tippies or thyme, dried
Salt and pepper to taste
Bread crumbs
2 Eggs beaten
Cake flour
Oil for frying

METHOD
1. Poach the fillets in a little milk until cooked. Poach means to gently cook at medium heat so that the fish are not tough and dry. It takes about 10 minutes on the longest to cook. Drain the liquid and finely flake the fish.

2. Boil the potatoes with their skins in lightly salted water until soft. Peel and mash without adding any butter or milk.
Mix the fish with salt and pepper to taste. Dill is quite a wonderful herb to use with mash potatoes and fish and also a little nutmeg.

3. Let it cool slightly and make balls of about 50 g. Place the balls on a baking sheet and refrigerate for 1 hour.
Once the balls is firm you can roll it in flour and bake in preheated deep oil.
You can also freeze the balls after being rolled in flour and then use as needed.

OR FOR FISH CAKES

4. Make 100 g piles that you form in a neat pattie. Place on a baking sheet and put in the freezer to firm. Just before baking, take out, dip in egg, then roll in breadcrumbs. Press crumbs firmly and bake in shallow fat or in the oven for 25 minute.

4. Drain and serve hot.

SERVED WITH: Aioli sauce (strong garlic mayonnaise), garlic cream, mustard sauce

QUANTITY: Approximately 20 - 40 depending on the size.

SOURCE: Annelien Pienaar www.bosenbergguestfarm.co.za, 2015

1 opmerking:

  1. Net twee bestanddele - wat kan makliker wees! Sal dit die week probeer!

    AntwoordVee uit