Dinsdag, 29 Desember 2015

ROMERIGE BOTTERVERSIERSEL

Het jy al ooit gesoek na ‘n dood gewone botterversiersel resep wat proe soos ‘n droom, soek nie verder nie. Hierdie resep kan aangepas word vir vanielje of sjokolade versiersel. Ek gebruik net Rama of Storkbake vir hierdie resep. Botter is net so duur dat ek deesdae maar by laas genoemde hou.

Indien jy 'n perfekte wit versiersel wil verkry word Holsum voorgestel om as smeer te gebruik. Een woord van waarskuwing as dit by die gebruik van kleursels en geursels kom. Deesdae word daar verskeie soorte middels ingevoer. Maak seker indien jy 'n nuwe soort (nie die wat in die kettingwinkels is) gebruik dat jy proe soos jy werk. Die gel kleure is baie sterk en dus moet jy letterlik druppel vir druppel byvoeg totdat die regte kleur verkry is. Die geursels is ook so gekonsentreerd dat jy ook liefs moet proe soos jy werk. Meeste is nou in olie vorm en baie baie sterk in smaak. 


RESEP
200 g Margarien, “bake” soort - kamer temperatuur
500 g Versiersuiker plus 50 ml kakao (indien jy sjokolade kleur wil maak)
50 ml Melk
20 ml Vanielje geursel of geursel van keuse
Kleursel van keuse - voeg by soos verlang

METODE

1. Room die botter tot lig en donsig, voeg die versiersuiker en melk by en  klits baie goed deur totdat dit lig en romerig voorkom. Indien jy sjokolade versiersuiker wil maak voeg dan by lg stap die kakao saam met die versiersuiker gesif by.

2. Voeg nou die geursel en kleursel by.


HOEVEELHEID: Genoeg vir 2 laag koek om bo en kante asook tussen die lae te versier.


BRON: Annelien Pienaar, www.bosenbergguestfarm.co.za, 2015


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking