Saterdag, 12 Desember 2015

KORINGSLAAI

Hierdie slaai is een van my gunsteling braaivleis en spitbraai bykosse. Soms, op 'n besige dag kook ek 'n eier en rasper dit vir my in my porsie slaai in of bietjie gekerfde biltong vir proteine, sit dit in my kosblik en weg is ek ateljee toe om te bak en brou met die studente. Die slaai is lekkerder as dit 'n dag gestaan het sodat die geure kan trou.

RESEP
500 g Koring (pêrelgort) of Bulgar wheat - gekook in soutwater - lou warm
1 k Ui - fyn gekap
1 k Soetrissie - fyn gerasper (green pepper)
1 k Sultana’s
2 e Dill tippies - gedroog
1 Bikkie tuna - gedreineer
250 g Romano tamaties - in blokkies (voeg by net voor opdiening anders word dit pap)

METODE

1. Meng al die bestanddele saam en hou eenkant vir die sous wat moet oor kom.

SOUS

2 e Wit suiker of sagte bruinsuiker (lg gee ‘n heerlike karamel smaak)
1 e Aangemaakte mosterd
3 e Wit asyn
½  k Mayonnaise (lite of gewoon)
½ k Karringmelk of plain yoghurt (low fat of gewoon)
Sout en peper na smaak

METODE

1. Meng al die sous bestanddele saam en meng met die slaai bestanddele. Laat dit vir eendag in die yskas staan sodat die geure kan ontwikkel.

HOEVEELHEID: 6 - 8 persone.


BRON: Annelien Pienaar, 2015, www.bosenbergguestfarm.co.za


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking