Dinsdag, 15 Desember 2015

JAMTERTJIES MET 'N TWIST!

Ek dink elke Suid Afrikaner kan saam stem dat 'n jamtertjie so deel is van ons koskultuur soos krummelpap en botter. Ons tertjies is legendaries. My Ma se degie is sag en bros.
Soms vir die ekstra lekker kraak rol ek die tertjies in strooisuiker terwyl dit so warm uit die oond kom vir variasie. Soms maak ek dit rond, soms maak ek dit sterrre. Soos die gier my pas, so maak ek my tertjies. Geniet die anderste idee's vir hierdie lekkerny! Wat van 'n tertjie gevul met makataan en pynappel stukkies, perske snipper konfyt, rooi pruim stukkies met pruimedant en sjerrie, mense dit word mos net lekkerder!

RESEP
Appelkooskonfyt - fyn en styf (loperige konfyt gaan ‘n gemors maak)
1 k Mielieblom (cornstarch of maizena)
8 k Koekmeel
500 g Rama of Stork bake
3 e Kookolie
4 t Bakpoeier
250 ml Yswater
2 e Brandewyn
10 ml Sout

VULSEL BESTANDDELE

1 Eier
50 ml Melk

METODE

1. Begin eers deur die konfyt in 5 ml skeppies te meet en dan in ‘n bakkie gevul met mielieblom te plaas en bedek die bolletjies deur dit te skud in die bakkie. Haal uit die meel en plaas dan op ‘n bord in die yskas.

2. Sif al die koekmeel, sout, bakpoeier saam en vryf die margarien en olie in die meel in. 


3. Voeg nou die water en brandewyn by die mengsel en druk die deeg aan mekaar. Knie die deeg liggies, maar wees versigtig om dit nie te oorwerk nie. Laat die deeg 10 minute rus voordat jy begin rol.


4. Rol die deeg op ‘n meel bestrooide oppervlakte ongeveer 5mm dik uit, of so dik soos ‘n sosatie stokkie. Druk dan met ‘n ronde drukker sirkel en plaas dan ‘n konfyt hopie in die middel.


5. Smeer net die een helfte van die sirkel met geklitste eier en melk en druk dan die sirkeltjie toe in die helfte. Verkoel dan die tertjies vir 1 uur voordat dit gebak word.


6. Voor baktyd, smeer die tertjies met die oorblywende melk en eiermengsel en bak vir 15 minute by 180 ˚ C .


7. Vries goed gebak en ongebak.


LEWER: 6 dosyn.


BRON: Annelien Pienaar, 2015, www.bosenbergguestfarm.co.za


1 opmerking:

  1. As mens nou nie brandewyn het nie? Kan mens dit uitlaat?

    AntwoordVee uit