Donderdag, 10 Desember 2015

GEKOOKTE PEPERWORTEL MOSTERD

Heerlik as 'n doopsous saam met 'n vars groente bord, pasta, vleis, toebroodjies sommer alles wat lekker is. 

RESEP
60 g Suiker
10 Eiergele
250 ml Aangemaakte mosterd (Dijon is die lekkerste)
3 e Dijon growwe mosterd
125 ml Suurlemoensap
65 ml Koue water
10 ml Sout
70 ml Peperwortel - gerasper
50 g Botter
500 ml Room - vars

METODE

1. Meng die suiker, eiergele, mosterd, suurlemoensap, koue water en sout in ‘n dubbelkoker en roer oor lae hitte tot dik.

2. Voeg die botter en peperwortel by en klop goed deur.


3. Sodra die mengsel goed afgekoel het, klop die room by.


HOEVEELHEID: 1 liter.


BRON: Annelien Pienaar, 2015, www.bosenbergguestfarm.co.za


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking