Woensdag, 09 Desember 2015

DIE EMMER EN DIE VRY

Gewoonlik is ek die bekkige een met ‘n kwinkslag altyd gereed maar vir ‘n bekkige tiener, maar vir die ene het ek nie woorde voor gehad nie!

Ons het  as tieners en jong studente ons lewens skielik met wesies moes deel. Ek het met ouers groot geword wat beide laat lammetjies was en baie jonk sonder ouers was. Hul deur en harte was altyd oop vir al wat ‘n afvlerk siel. So kom hierdie twee seuns in ons lewens in deur ouers wat nie vir hulle kan sorg nie en hulle is tieners. Dit was nie aldag maklik met die kinders nie en veral in die begin tye met die jongste enetjie wat maar nukkerig was.


Ons was drie dogters en my Pa het soveel geduld met die seuns gehad, dat ons soms verbaas gestaan het. Drie dogters en my Ma in een huis was nie aldag maklik nie. Die jongste seun het in die begin baie gesukkel om kos binne te hou van wee die erge wanvoeding wat hulle beleef het. Beide was geraamtes gewees. Ek het self vir die knapies baie lief geword. Ek was toe ‘n student en het so elke tweede naweek plaas toe gegaan. Ek het my naweke om gekry deur hulle wiskunde en wetenskap te verduidelik by my Ma se ou ronde eetkamer tafel. In die week moes my Ma, wat goed was met die rekeningkunde gedeelte, inspring en vure doodslaan. Die kinders het goed aangegaan en mooi deur hul skool loopbaan gewoeker. Met baie aanmoediging het hulle in tegniese rigtings gekwalifiseer en is Pappa’s wat vandag mooi na hulle gesinne omsien.


Wat ek eintlik wil vertel....Met die jongste bulletjie se matriek afskeid het ek hom vreeslik geterg oor sy lengte. Omdat hy van kleintyd so ondervoed was, het hy belemmerde groei gehad en dus baie kort en ook klein vir sy ouderdom. As ek nou so terug dink, vermoed ek fetale alkohol sindroom het hier dalk wel ‘n rol gespeel. Ons gesprek het begin by sy keuse van meisie vir die afskeid. Sy het bene tot onder haar arms en die tweetjies was vreeslik danig met mekaar. 


So sit ons weer by die ronde tafel en werk terwyl ek sy werk merk. Ek vra hom skertsend met ‘n glinster in die oog: “Renier, hoe gaan jy by kom om hierdie meisiekind ‘n lekker soen te gee?”. Eers kyk hy my so skeef aan en vra: “Weet jy ons het al gesoen?” Van skok trek ek een merk deur die werk wat effens lyk soos ‘n pyl wat sy teiken mis! Ek hou my “pose” en vra toe tergend, maar ook bekommerd oor die antwoord wat ek gaan kry: “Jy het seker op Ma se blikemmer gestaan om by te kom vir die soen!” Hy lag uit sy maag en reken toe: “Het jy nog nooit op die gras lê en vry nie?”. Wel, ek het gehoes en proes van die skrik, skok en lag so deur mekaar. My pen neergesit en hom aangestaar. “Nou toe, wat is jy so stil?” was die knaap se vraag. Ek antwoord hom met:”Het Ma al met jou gepraat oor die bye en blomme?” Renier was bloedrooi in die gesig en net so sydelings gemompel:”Ja, ek is nie meer ‘n kind nie!” 


Wel, so leer mens, tieners kan soms die wind behoorlik uit jou seile haal!


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking