Woensdag, 16 Desember 2015

CHIFFON KOEK

Hierdie is my gunsteling resep oor twee redes: Nommer 1 dit is nie te veel beslag nie en twee dit bak die mooiste cupcakes. Oor die jare heen het hierdie ons gesin se verjaardag koek en ook cupcake basis resep geword. Ek hoop elkeen wat hierdie resep aanpak sal ook die genoegdoening soos ek ervaar elke keer as jy die koekies uit die oond haal.

Mense verwar die Chiffon koek en die Angelfood koek omrede beide se tekstuur baie lig en sponsagtig is en omdat beide in 'n tuitpan, ongesmeer gebak word. Maar die verskil kom in by Chiffon dat dit ryker is. Dit bevat eiergeel en sommige resepte bevat botter. Die kleur van die koek is ook geler. 


In die Amerika's waar die resep sy ontstaan gehad het, het hulle oorspronklik die koek gebak met meel wat baie laag was in gluten en dus 'n ligter tekstuur tot gevolg het. In SA het ons nie daardie voorreg en maak ons aanpassings deur mielieblom by koekmeel te voeg om die gluten inhoud te verlaag om die eindproduk 'n uiters sagte en veerligte tekstuur te gee.


RESEP
120 g Koekmeel
45 g Mielieblom (maizena)
¼ t Kremetart
5 ml Bakpoeier
1 ml Sout
5 Ekstra groot eiers - geskei
210 g Strooisuiker
100 ml Yswater

METODE

1. Voorverhit oond op 180 ˚ C.

2. Sif koekmeel, mielieblom, bakpoeier en sout saam. 


3. Klits eiergele en suiker saam tot lig en romerig, neem ongeveer 5 minute om dit so donsig te kry. Klits yswater geleidelik by. 


4. Vou droë bestanddele met ‘n kokslepel in die eiermengsel in.


6. Klits eierwitte tot sagtepunt stadium en voeg die kremetart by en klits verder tot stywepunt stadium. Vou die eierwitte in by die eiergeel mengsel weereens met die hulp van die kokslepel. Die rede vir die gebruik van die spesefieke lepel, die kante van die lepel is dun en sny sagkens deur die eierwitte en breek nie die lug wat ingewerk is wat bydra tot die rysaksie. Geen geklop of klits net invou. Meng in ‘n figuur 8 en draai die bak in die rondte na elke figuur voltooi is.


7. Skep die beslag in ‘n ONGESMEERDE ringkoek pan of enige ander vorm pan. Moenie bunt panne gebruik wat riffels en vormpies op het nie, jy gaan nooit die koek uit die pan kry nie. Bak die koek by 180 ˚ C vir 40 - 45 minute in die middel van die oond.


8. Sodra die koek klaar gebak het, haal uit die oond en draai die pan om sodat die koek na onder toe hang. Nee, die koek sal nie uitval nie. Die koek klouvas aan die kante van die pan en behou sy vorm terwyl dit koud word. Indien jy nie ‘n Chiffon pan het met voetjies nie, kan jy die pan se kante op glase steun totdat die koek heeltemal afgekoel het. Maak die koek se kante versigtig los. Ek verkies om hierdie tipe koek soos Chiffon en Angelfood met losboom panne te bak sodat die onvorming makliker kan weers. 


BRON: Annelien Pienaar, 2015, www.bosenbergguestfarm.co.za


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking