Woensdag, 02 Desember 2015

EZEKIEL BROOD


Die grane wat gebruik word is hoog in protein omdat dit reeds ontkiem het en toe verwerk is. Die Vitamiene en minerale inhoud van sprouted grains is ongelooflik voordelig vir jou. Lees gerus verder oor hierdie onderwerp aanlyn.

Verder kan jy gluten vry die broodjie geniet deur die Nutty wheat te vervang met helfte kekertjie meel en macadamia meel. Die broodjie word dan in 'n broodpannetjie eerder gebak as vry vorm. Dus verlaag die koolhidrate telling weens die vervaning van die koringmeel. Hoop julle speel lekker.

Ek het hierdie broodjie saamgestel vir 'n gesprek met Pretoria FM radio en dit is 'n vullende porsie vir middag ete. Bestanddele was aanvanklik vir my moeilik om op te spoor totdat ek na Dischem se gesondheids afdeling gegaan het en die Natures Source produkte ontdek het. Alles is daar op een rak. As dit nie is nie, wel hulle bestel vir jou. Lees asb die Inligting agter op elke pakkie sodat jy weet per 100g wat jy in die brood sit. Tel dit op en deel dit in volgens die banting glyskale. Ja, dit is bietjie werk om self die somme te maak, maar so leer jy om na jouself te kyk.

RESEP
8 k Nutty wheat
4 k Pêrelgort - gemaal
2 k Lensies - gekook en fyn gedruk
½ k Millet meel
1½ k Water
1 t Sout
6 e Olyf olie
½ k Sterk lou water - los gis en heuning hierin op
2 e Heuning
2 Sakkies brouersgis

METODE
1. Los die gis met heuning in sterk louwater op. Laat 10 minute staan totdat dit begin skuim.

2. Meng al die meel saam en roer goed deur.

3. Neem olie en meng dit met die fyngemaakte lensies en bietjie van die 1½ k water.

4. Voeg die res van die water by die lensies en meng die suurdeeg by.

5. Voeg die meelmengsel by en knie vir 10 minute totdat die deeg glad en elasties is.

6. Plaas in ‘n gesmeerde bak om dubbel volume te rys.

7. Knie deeg af en vorm in 4 dele.

8. Plaas in 4 gesmeerde broodpanne en laat weer rys.

9. Bak vir 45 minute tot ‘n uur by 180 ˚ C.


BRON: Annelien Pienaar vir Bos en Berg gasteplaas, 2009.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking