Woensdag, 16 Desember 2015

ANGELFOOD KOEK VS CHIFFON KOEK?

Angelfood: Kyk die ligte kleur en fyn tekstuur.
WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN ANGELFOOD KOEK EN CHIFFON KOEK?
Mense verwar die twee koeke omdat beide in dieselfde tuitpan met voetjies gebak word en dink dan dat dit dieselfde ding is.

ANGELFOOD KOEK

Die koek word gemaak deur styfgeklopte eierwitte as rysmiddel. Die eierwitte word eers styf geklits, suiker by die witte gevoeg (soos 'n meringue) en dan baie versigtig in die res van die bestanddele met ‘n kokslepel ingevou om die lug te behou. Die koek is baie lig in kleur, sponsagtig, maar nie so ryk in smaak soos die chiffonkoek met sy botter en geel nie.

• bevat geen eiergeel 

• bevat geen vet
• geen rysmiddels behalwe eierwitte
• baie hoër persentasie suiker
• kremetart word by die eierwitte ingeklits sodoende die eierwitte fermer te maak sodat dit die struktuur saam met die hoë persentasie suiker, kan ondersteun tydens die bakproses.


Chiffon: Kyk die geler kleur.
CHIFFON KOEK
Kom voor soos ‘n sponskoek maar is baie fyner in tekstuur en ryker in smaak. Die gele word geskei en saam met water gemeng en later net soos die Angelfood koek met die eierwitte ingevou.

• bevat ‘n rysmiddel in die vorm van bakpoeier

• water
• botter of olie
• minder suiker
• eiergeel



Gewone botterkoek: Groot verskil in tekstuur
BRON: Annelien Pienaar, 2015, www.bosenbergguestfarm.co.za

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking