Dinsdag, 10 November 2015

VINNIGE LOW GI VLEISPASTEI

My liewe Ma het hierdie pastei sommer in oormaat gemaak en dan gevries. Ons jongste sussie was ‘n insulien afhanklike diabeet vanaf die ouderdom 6. Dit was altyd ‘n senutergende storie om haar suiker in perfekte balans te kry. Toe kom die tiener jare en met die hormonale veranderinge en dinge het nie so vlot verloop nie. My Ma het maar net vasgebyt en deur gedruk en my sus se organe en sig het die tienerjare oorleef. Om ‘n diabeet te wees of selfs net insulien weerstandig te wees is nie maklik nie. Daarom dat ek voedsel as studie veld gekies het om te help waar ek kan. 

Een ding wat ek geleer het deur die jare is die waarde van peulgewasse in die dieet. Dit word gesien as die besem vir die kolon. Wat bedoel ek? Wel die vesel in die peul gewas absorbeer onnodige suikers, koolhidrate en ongewenste stowwe nog voordat dit absorbeer kan word in die liggaam. Dus gaan kyk hoe min neem mense peulgroentes in. Dit is goed vir hartvat siektes, diabetes, cholestrol lyers, kanker en vele ander siektes. Dus, neem jy genoeg peulgroente in jou dieet daagliks in?


Ek is nie ‘n dieetkundige nie, net iemand wat Voedsel wetenskap as basis het om resepte te kan analiseer, toets en te standardiseer. Ek kan waarborg dat as jy by die bestanddele lys hou en die porsionering dat jy geen suiker probleme sal ervaar nie. Dus kom ons kook.


RESEP
5 ml Canola olie
1 Ui - gekap
1 t Knoffel toontjie, fyn gedruk
450 g Maer maalvleis (extra lean of topside) of hoender borsies werk ook goed
3 Tamaties - ontvel en grof gekap
1 x 410 g Blikkie, Baked beans
½ t Roosmaryn
¼ t Komyn saad - gerooster en fyn gedruk (cumin)
¼ t Kerrie poeier
¼ t Sout
Peper na smaak

METODE
1. Braai die uie, roosmaryn, komyn en kerrie poeier saam tot glansend en voeg dan die maalvleis by en braai tot gaar.
Voeg die knoffel by en braai vir net 1 minuut totdat gaar.

2. Voeg die tamatie en bakedbeans by en kook vinnig deur.

3. Skep in ‘n gesmeerde oondpan en maak die beslag vir die kors aan.

KORS
1 x 410 g Blikkie wit boontjies of kekerertjies (chickpeas) - fyn gedruk of puree
110 ml Vet vrye melk
50 ml Water
1 Eier
140 g Koekmeel - gesif
10 ml Bakpoeier
Sout en peper na smaak

METODE
1. Meng die vloeistowwe goed saam en sif die droë bestanddele saam.
Voeg alles by mekaar en meng deeglik deur.

2. Skep oor die vleis en bak by 220 ˚ C vir 20 - 25 minute.

VOEDINGSANALISE 
GI: 48
Vet: 9 g 
Carb: 40 g 
Vesel: 11 g 
Prot: 25 g 
KJ: 1495

BRON: Diabetiese Vereniging van Suid Afrika, aangepas deur H Bezuidenhout, 2015.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking