Sondag, 08 November 2015

TURKSE LEKKERGOED

My kindertyd lekkergoed wat soveel heerlike herinneringe mee bring! Rooswater se troos aroma is ongekend.

RESEP
20 g Gelatien wat gespons word oor 60 ml water
410 g Witsuiker
Knippie sout
35 g Maizena (mielieblom)
1 ml Sitroen suur of wynsteensuur (voorkom suiker kristalle)
200 g Water (ja, jy het reg gelees ... gram ... want sommige maatbekers is verkeerd)
15 g Suurlemoensap of 2.5 ml rooswater - afhangend van die geur wat jy wil verkry
1 Druppel pienk gel kleursel - indien jy die rooswater variasie doen

METODE
1. Berei ‘n pannetjie voor deur dit met kleefwerende sproei te spuit. Die afmetings vir die ideale pan is - 12 cm x 20 cm.

2. Sprinkel die gelatin oor die 60 ml water en laat dit vir ‘n paar minute hidreer.

3. Meng suiker, sout, maizena en suur en voeg 200 g water by en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos het, die water mag nie kook voordat die suiker nie opgelos het nie. Was suiker kristalle van die kant van die kastrol af. Dit sal voorkom dat die klaar lekkers nie sandsuiker word nie.

4. Kook die mengsel dan vir 6 - 8 minute oor stadige hitte met die gelatien by.

5. Verwyder van hitte en voeg die suurlemoensap (of rooswater) by. Moet nooit geursels by kokende goed gooi nie, die geursel se aroma verdamp.

6. Gooi die inhoud in die voorbereide panne en laat dit 24 h staan om te set. Dit moenie in die yskas gesit word nie. Sny dan in blokkies van jou keuse en rol in ‘n gelyke mengsel van mielieblom en versiersuiker. Jy kan ook met 'n klein koekiedrukker vormpies druk.

BRON: Annelien Pienaar. 2015, www.bosenbergguestfarm.co.za

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking