Saterdag, 21 November 2015

TUISGEMAAKTE MOSTERD

Ons het met "wiel neusie vleis“ (varkie) geleer om die heerlike mosterd te eet. Verder het ons eerder die mosterd as botter op ons toebies vir skool verkies, saam met hoender en oorskiet koue vleis. Die mengsel hou maande in die yskas. Jy kan 200 ml mayonnaise bysit vir 'n ekstra romerigheid indien jy verkies. Maar ek geniet myne beide kante toe. Gooi dit in jou koolslaai en jy het 'n wonderlike smaak. KFC, julle moet kom leer hoe!

RESEP
397 g Kondensmelk
250 ml Wit suiker
110 g Mosterdpoeier
200 ml Wit asyn

METODE
1. Meng die kondensmelk, suiker en mosterdpoeier tot 'n gladde pasta.

2. Voeg die mayonnaise en asyn by en meng weer goed.

3. Bewaar dit in die yskas.

LEWER: Ongeveer 750 ml.

BRON: Annelien Pienaar. 2015, www.bosenbergguestfarm.co.za


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking