Saterdag, 07 November 2015

TANNIE LILI SE VRUGTEKOEK

Nog een van tannie Lili Dreyer se treffer resepte. Geniet!

RESEP
250 g Botter
250 ml Karamel suiker
6 Eiers - nie te groot nie
250 g Rosyne
250 g Sultanas
250 g Korente
125 g Dadels - gekap
60 g Pruimedante - gekap
100 g Kersies - afgespoel en gehalveer
50 g Amandels - geblansjeer en gekap
280 g Koekmeelblom
8 ml Gemengde Speserye
5 ml Gemaalde Gemmer
3 ml Koeksoda - opgelos in 62 ml kookwater
125 ml Brandewyn

METODE
1. Room botter en suiker saam tot lig en donsig.

2. Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.

3. Vou die koekmeel en speserye in wat vooraf saam gesif is.

4. Voeg die afgekoelde koeksoda, kersies en amandels by.

5. Ek roer dit met die hand in dat hulle heel bly en nie deur menger vermorsel word nie.

6. Roer laaste die brandewyn by.

7. Bak in konventionele oond by 140 ˚ C vir 30 minute en daarna by 135 ˚ C vir 3½ - 4  ure.
Bedek met waspapier bo op vir die eerste 1½  - 2 uur.

8. In waaier oond 130 ˚ C vir 30 minute en daarna 125 ˚ C vir 3¼  - 4 ure.
Bedek met waspapier bo- op vir die eerste 1½ - 2 uur.

9. Ek bak met gegalvaniseerde panne 20 x 20 cm.
Ek voer die panne nog met bakpapier uit dat dit so 2 cm bokant die pan se rand uitstaan.
Gooi nog so 2 eetlepels brandewyn oor sodra die koek uit die oond kom.
Laat in die pan tot heeltemal koud, dan loop jy geen gevaar dat die koek kan breek nie.
In totaal weeg die koek 2 kg.

10. Sprinkel en draai die koek gereeld met brandewyn vir 7 dae.
Daarna draai in foelie toe en dan kleefplastiek en kan vir maande goed bly.

HOEVEELHEID: 2 kg koek.

BRON: Lili Dreyer, Annelien Pienaar.

1 opmerking:

  1. Lyk baie lekker. En dis juis nou tyd om jou vrugtekoek vir kersfees te bak

    AntwoordVee uit