Donderdag, 05 November 2015

HUISGENOOT SE SAKPAS RESEPTE BOEKIES VIR MEER AS EEN REDE!

Spier, 2015, Carmen Niehaus en Annelien
Jinne, ek was voorwaar heerlik bederf deur Carmen Niehaus van Huisgenoot en het die volgende nuwe resepte boekies van hulle ontvang.
Smul geregte vir Daibete, Heerlik sonder Gluten en Lae-Koolhidraat - gesond, maklik en lekker!



Ek dink vir diegene wat sukkel met spesiale dieëte soos Gluten allergië, Lae-Koolhidraat en Diabeet diëte, is hierdie voorwaar 'n groot belegging. 
Vir net R35 is hierdie klein A5 boekies sakpas vir die beursie, maar ook sakpas vir die handsak as jy winkels toe gaan om aankope te doen. 
Jy kan dit sommer daar uithaal en volgens die bestanddele lysie aankoop. 
Ek dink dit is 'n briljante stukkie werk en ook die ideale kersgeskenk vir ieder en elk.

Daar is nog tydskriffies in hierdie reeks met die volgende titels op die winkel rakke beskikbaar:
Bak resepte
Braai resepte
Wors resepte
Sakpas resepte
Koeke resepte 

Hoop julle gaan koop sommer môre by die naaste Supermark jou kopiëe!


Groete A




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking