Maandag, 16 November 2015

ROOI FLUWEEL KAASKOEK


Hierdie is ook een van Tannie Lili Dreyer se wonderlike resepte. Geniet!

RESEP
KOEK
230 g Botter
120 g Donker sjokolade
4 Eiers
10 ml Vanielje geursel
1 x 30 ml Rooi koskleursel (ek gebruik altyd crimson pienk, vir beste resultate)
420 g Strooisuiker
135 g Koekmeel
5ml Bakpoeier

METODE
1. Voer pan 35 x 25 cm uit met bakpapier en spuit goed.

2. Smelt botter en suiker saam oor matige hitte.

3. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed tot gladde mengsel.

4. Gooi in pan, moet nog nie bak nie, maak nou eers die roomkaas bolaag

ROOMKAAS BOLAAG

500 g Roomkaas
135 g Strooisuiker
2  Eiers
5 ml Vanielje geursel

METODE
1. Klits al die bestanddele saam tot goed gemeng.

2.  Skep lepelsvol van die mengsel bo op koek beslag tot alles opgebruik is.

3. Meng ruweg met lepel se agterkant totdat dit soos marmer lyk.

4. Bak 35 - 40 minute by 170 ˚ C of totdat die koek gestol het.

5. Laat goed afkoel vordat dit in blokke gesny word.

BRON: Lili Dreyer, 2015. www.bosenbergguestfarm.co.za

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking