Donderdag, 12 November 2015

PAPPEDELLAS

Hierdie is papballe gemaak met growwe mieliepap en mielierys. Ek het dit persoonlik gemaak en kan nie ophou eet daaraan nie. Goeie nuus, ek het nie besef dit is so baie nie en het van dit moes vries. Dus, as jy gaan braai is hierdie 'n wonderlike uitweg. Maak baie en vries, gebruik soos benodig. 

"Ek hou van gekarmaliseerde uie tussen in met‘n bietjie gerasperdekaas tydens bakproses en dan ‘n lekker tamatiesmoor of sampioensous met growwe swartpeper eenkant.” Christo de Beer


RESEP
2 kop Mielierys - oornag geweek in water
2 kop Growwe braai mieliemeel
1.5 liter Water
2 t Sout
2 k Kaas - gerasper
125 g Botter of margarien
1 x 410 g Blik mieliepitte

METODE
1. Maak slapperige pap van mieliemeel en mielierys. Laat kook vir ongeveer 1 - 2 ure. Wanneer gaar en nog warm roer botter, kaas en mieliepitte in.

2. Laat koud word en vorm balle so groot soos golfballe en plaas in groot oondvaste bak met ‘n  bietjie vulsel of sous tussen in, nie te veel nie.

3. Bak vir ongeveer 30 minute in oond teen 180 ˚ C.

VULSEL
1. Tamatiesmoor, gekarmaliseerde uie en fyn biltong of gebraaide bacon, sampioensous, vleissous, kaiings, maalveis met tamatiesmoor, kaas-witsous met knoffel of enige iets waarvoor jy lus is soos geroomde spinasie ens.

WENK
Die papadellas kan lank voor die tyd gemaak word en dan bevries word. So ook die sous.
Ander opsie is om minder kaas in die pap te gooi en dan eerder bo oor te gooi  met bak proses en ‘n handvol gekapte pietersielie.

HOEVEELHEID: Genoeg vir ongeveer 20 persone.

BRON: Christo de Beer, Pretoria, 2015.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking