Woensdag, 25 November 2015

ANYS GEMARINEERDE T BEEN SKYWE

As jy hou van ‘n heerlike gamarineerde biefstuk skyf oor die kole, wel dan is jy nou by die regte resep!

RESEP
4 Kruis skyf of T been skywe
150 ml Olyfolie
5 Knoffel toontjies - grof gekap
50 g Botter - gesmelt
50 ml Suurlemoensap van vars gedrukte suurlemoen
10 ml Gerasperde suurlemoenskil
50 ml Woestersous
50 ml Heuning
10 ml Anys saad - gerooster - fyn gedruk
Sout en peper na smaak

METODE

1. Vryf die aand voor die tyd die skywe vleis in met die olyf olie. Dit is die heel beste behandeling wat jy vir 'n stuk goeie kwaliteit vleis kan gee voordat dit gaar gemaak gaan word. Dus balesem ons die vleis sodat dit vir ons murgsag kan word!

2. Die volgende dag. Meng die oorblywende bestanddele vir die marinade saam en smeer met ‘n kwassie oor die vleis skywe.


3.  Laat die vleis vir 30minte rus voordat dit gebraai word oor oop kole. Geur met sout en peper na smaak.


BRON: Annelien Pienaar.  

Aangepas van my Pa se resepte, Gert Bezuidenhout, 2015, www.bosenbergguestfarm.co.za

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking