Vrydag, 13 November 2015

AARTAPPEL EN KAAS BROODJIE

Ek het persoonlik hierdie resep uitgetoets en nogal 'n heel paar nuwe goedjies bygesit en anderste gebak as wat Christo de Beer se oorspronklike resep aandui...kom geniet al die kinkels in die kabel. Ek het die variasies onder aan gesit, die resep en metode is presies soos ek dit ontvang het.

Resep
1 Pak " Cheese & bacon potato bake"
300 ml Cheddar kaas - gerasper
75 ml Melk
300 g Aartappels - geskil en gerasper
260 g Bruismeel
1 Groot eier - geklits

Metode
1. Meng die bruismeel en potato bake in ‘n groot mengbak.

2. Voeg kaas en aartappels by die meelmengsel en meng liggies.

3. Klits die eier en melk saam en voeg by meel mengsel.
Meng goed tot sagte deeg gevorm is, maar ook nie te veel nie.
Die bestanddele moet net goed bedek wees.

4. Plaas in ‘n klein broodpannetjie wat goed met botter gesmeer is.
Onthou om die pan net ¾ vol te maak anders gaan die pan oorloop en ‘n gemors maak.
Of jy kan net 'n hopie op 'n bakplaat vorm en so bak.
Borsel ‘n bietjie melk en eier bo oor en bak in oond teen 180 ˚ C vir ongeveer 45 minute.

VARIASIE

 “Skep die beslag in kolwyntjie pannetjies vir heerlike sout muffins, bedien met roomkaas of maaskaas van keuse. Sit spriet uie en spek by vir die ekstra lekkerte!
” Annelien Pienaar

HOEVEELHEID: 1 - 2 broodjies of 12 muffins.

BRON: Christo de Beer, Pretoria, 2015.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking