Maandag, 05 Oktober 2015

SPINASIE EN FETA SOUT TERT

Hierdie resep kom van 'n tannie wat ek leer ken het as student toe ek in my tannie hulle se tuisnywerheid Polfyntjie in die Ooste van Pretoria gewerk het. Met al my af periodes en vakansies het ek daar gewerk. Ek is in my finale jaar getroud en elke ekstra geldjie het help gate toe stop.

Tannie Bettie Beyers het die heerlikste Ham en Sampioen terte gemaak. Sy was glad nie suining met haar resepte nie en het gereeld haar resepte met my gedeel. Sy het vir my baie goeie raad gegee en gesê dat as jy 'n goeie basis resep het kan jy enige variasie onder die son maak. Wel, ek het nou al 24 jaar se ondervinding met hierdie tert en het die spinasie weergawe myne gemaak.

Wanneer die tyd min is en jy het nie lus om te sukkel om gou 'n lekker sout tert aan mekaar te slaan nie dan is hierdie een voorwaar 'n kits oplossing vir baie probleme. Selfs die korsie word binne 5 minute aan mekaar geslaan. Hierdie korsie is iets wat weer in ons familie baie gebruik word...dit word net in die bak gedruk en nie nodig om dit vooraf te bak nie. 


Ek maak dit in alle groottes en vorms, hang af van die geleentheid. Ek gebruik dit ook as vulsel vir hand pasteitjies in verskeie vorms, in fillodeeg pakkies vasgebind met grasui strikkies, die beslag is wonderlik om mee te werk.



VULSEL
1 blikkie Room mielies
125 ml Room of melk
6 Eiers - geklits
½ k Ham - op gekap
3 e Koekmeel
3 e Botter
1 k Spinasie blare - reeds verwerk
½ k Feta kaas - in blokkies of wiggies gesny
½ k Cheddar kaas - gerasper of bloukaas
Sout en peper na smaak
½ t Knoffel - opsioneel

METODE

1. Klits die eier en koekmeel eers goed saam.

2. Meng al die bestanddele saam.


3. Skep in kors en bak by 180 ˚ C vir  35 - 40 minute of totdat die middelste gedeelte geset is.


KORS

1 k Cheddar kaas - gerasper
1 k Botter - gerasper
1 k Koekmeel
1 t Rooipeper

METODE

1. Meng al die bestanddele saam en vryf die mengsel met vingerpunte sodat die botter fyn opgebreek kan word.

2. Druk in gesmeerde pan van keuse en voeg die vulsel in die kors en bak.


VARIASIE

VLEIS VERVANG MET
Knoffel polonie gerasper of
Gaar spek of
Vis soos skelvis, snoek ens vervang die groente dan met aartappel
Hoender filette
Vegetaries: Kaas, haloumi, tofu

SPINASIE VERVANG MET 

Aspersie
Butternut
Rooi ui
Sampioene
Murg pampoentjie

HOEVEELHEID: 2 ronde tert bakke of 1 lang pyrex bak of 12 kolwyntjies.


BRON: Annelien Pienaar.  www.bosenbergguestfarm.co.za



English Version
Filling
1 can of Sweet corn
125 ml Cream or milk
6 Eggs - beaten
½ cup Ham - chopped
3 tbsp Cake flour
3 tbsp Butter
1 cup Spinach leaves - already processed
½ cup Feta cheese - cut into squares or wedges
½ cup Cheddar cheese or blue cheese - grated
Salt and pepper to taste
½ tsp Garlic - optional

Method:
1. Whisk the egg and flour well together.

2. Then mix all the ingredients together.

3. Spoon into crust and bake at 180 ˚ C for 35 - 40 minutes or until the center is set.

Crust
1 cup Cheddar cheese - grated
1 cup Butter - grated
1 cup Cake flour - grated
1 tsp Cayenne pepper

Method:
1. Mix all the ingredients together and rub the mixture with fingertips so that the butter can be broken finely.

2. Press into a greased pan of choice and add the filling into the crust and bake.

VARIATION

Meat substitute:
Grated garlic polony  or
fried bacon or
fish such as haddock, snoek etc. replace the vegetables then with potato
Chicken fillets

VEGETARIAN: Cheese, haloumi, tofu

REPLACE SPINACH WITH
Asparagus
Butternut
Red onion
Mushrooms
Marrow squash

QUANTITY: 2 round tart bowls or 1 long pyrex dish or 12 cupcakes.


SOURCE: Annelien Pienaar. www.bosenbergguestfarm.co.za

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking