Donderdag, 08 Oktober 2015

SOETRISSIE SOUS

Ek is lief vir presevering en hierdie sousie is perfek vir 'n doopsous, marinade en ook soos jy jou blatjang sou eet. Dit is geurig en brand nie jou smaak kliere dood nie!

RESEP
250 ml Suiker
130 ml Asyn
40 ml Mielieblom
50 ml Water - om mielieblom mee aan te maak
1 - 2 Soetrissie (1 as die rissie groot is - anders 2)
1 Ui, klein, fyn gekap
15 ml Knoffiel, vars,fyn
1 t Atchaar masala
1 Rooi chillie
1 t Sesamsaad - geskroei
2.5 ml Sout
2.5 ml Peper - fyn gemaal

METODE
1. Voeg suiker, asyn, mielieblom en water saam in kastrol. Roer deeglik sodat mielieblom goed kan oplos voordat dit verhit word.

2. Oor stadige hitte moet suiker gesmelt word en dan vir 3 minute saam gekook word.

3. Voeg die res van die oorblywende bestanddele by die kokende vloeistof en kook vir 15 minute.

4. Die sous moet onmiddellik warm gebottel word.

BRON: Annelien Pienaar.  www.bosenbergguestfarm.co.za

2 opmerkings:

  1. Manie ek het 'n Kenwood los staande voedsel verwerker. Hy is al so oud soos die berge, maar laat ek jou vertel. Ek maak die lemme skerp met 'n Lowe slyper vir boom snoei en hy sny perfek elke keer.

    AntwoordVee uit