Maandag, 05 Oktober 2015

MUESLI STAFIES

Hierdie resep is geskoei op die Muesli resep met 'n paar veranderings om te help dat die vingers hard set.  Hierdie is my kinders se lekkergoed vir pouse tyd by die skool, in die kar vir 'n vinnige happie tussen aktiwiteite as die energie vlakke begin daal! 

RESEP
2 kg Gerolde oats
250 g Sonneblomsaad
200 g Pampoensaad
2 kop Rice krispies - opsioneel
250 g Neute van keuse (ek gooi pekans in met 1 tl kaneel) maar opsioneel
500 g Sagte bruinsuiker (Treacle sugar)
500 g Botter - moet botter wees
500 g Heuning
5ml Kaneel
5ml Gemmer
2.5ml Neut muskaat
250 g Rosyne / cranberries / basies enige bessie
250 g Gedroogde appelkose / appels / mango / piesang - gesnipper
150 g Gedroogde perskes op gesnipper

METODE
1. Smelt heuning en botter saam, moenie borrel nie, heuning kan brand.

2. Meng al die bestanddele saam.

3. Gooi heuning oor die saad mengsel en meng deeglik.

4. Druk in gesmeerde bakplaat, sproei jou hande met olie en druk die mengsel mooi egalig plat...of ek vat 'n pan van dieselfde grootte en sproei die onder kant met olie en druk dan so die mengsel perfek plat.

5. Bak by 180 ° C vir 15 - 20 minute tot mooi goudbruin. Hoe langer jy bak hoe harder die koekie...so jy kan besluit of jy dit bros of sag wil hê.

6. Sny terwyl warm in vingers en laat netso afkoel.

7. Versier die vingers met gesmelte sjokolade of geniet net soos dit is.

HOEVEELHEID: 50 vingers.

BRON: Annelien Pienaar.  www.bosenbergguestfarm.co.za


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking