Sondag, 04 Oktober 2015

KRAKERIGE MUESLI MET HEUNING

My Moeder was altyd so lief om haar eie meusli te maak. So is die resep van geslag na geslag oor gedra. Hierdie is 'n resep wat ek as geskenkies uitdeel en met die reseppie om die botteltjie se nek gebind om die goedheid verder te deel! Gooi dit in jou beskuit resep in plaas van All Bran flakes, weetbix en al die ander soorte.

Wanneer jy hierdie resep maak, skryf jou kombinasies mooi neer, soms maak jy 'n kombinasie wat so lekker saam werk dat jy jouself wil skop as jy dit nie gedoen het nie! 
Ek het my les nou mooi geleer! Hierdie resep het baie variasies, al waar jy nie gaan verander is op die heuning en botter want dit is die gedeelte wat die storie saambind!

Voordat ons met die resep weg spring wil ek net gou vir julle die verskil wys tussen Rolled Oats en Gewone Oats



Hierdie gerolde oats is perfek vir die maak van Muesli, dit is nog nie gebreek nie en nie te melerig nie.










Hierdie is die gewone Oats pap wat ons gewoonlik eet vir ons ontbyt. 
Dit is nie geskik vir die maak van meusli nie.







RESEP
2 kg Gerolde oats
250 g Sonneblomsaad
200 g Pampoensaad
250 g Neute van keuse (ek gooi pekans in met 1 tl kaneel) maar opsioneel
500 g Botter - moet botter wees
500 g Heuning
250 g Rosyne / cranberries / basies enige bessie
250 g Gedroogde appelkose / appels / mango / piesang - gesnipper
150 g Gedroogde perskes op gesnipper

METODE
1. Smelt heuning en botter saam, moenie borrel nie, heuning kan brand.

2. Meng al die bestaddele saam behalwe die rosyne en ander vrugte.

3. Gooi heuning oor die saad mengsel en meng deeglik.

4. Sprei oor goed gesmeerde bakplaat.

5. Bak by 120 ° C totdat goud bruin. Jy moet elke 10 minute loer en meng die heeltyd sodat dit nie vas brand nie. Wees geduldig met die proses.

6. Voeg die vrugte by sodra die bakmengsel bruin is en bak vir verdere 8 minute. Breek alle klonte op voor dit uit die oond kom. Dit kan vinnig hard word en dan sit jy met groot klonte.

WENK
Jy kan enige vrugte ingooi wat gedroog is en dit op kap na jou keuse. 
Jy kan net ‘n plain muesli ook maak. 
Jy kan selfs dennepitte in plaas van neute insit.

HOEVEELHEID: 4 kg.

BRON: Annelien Pienaar.  www.bosenbergguestfarm.co.za


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking