Donderdag, 01 Oktober 2015

KOEKIE BAK WERK - VRAE BEANTWOORD!

1. HOE KRY EK DIT REG DAT MY KOEKIES ALMAL EWE GROOT SOOS WINKEL KOEKIES LYK?
• Gebruik ‘n roomys scoop wat jy kan druk soos in die prentjie.
Die meganisme help om die koekie deeg elke keer perfek uit te druk en jy gaan eweredige grootte koekies kry.
Hierdie werk vir koekies soos choc chip koekies wat gedrup word.

• As jy kleiner koekies wil maak gebruik jou 15 ml maatlepel vir dieselfde werk en gebruik ‘n tafel mes om die deeg in te druk en weer uit te skep.

• Omdat die koekie deeg gewoonlik baie hoog in vette is sal die deeg sommer maklik uit kom.

2. EK HET MY KOEKIES GEBAK EN NOU IS DIT NIE HARD GENOEG AS DIT AFGEKOEL HET NIE.
KAN EK DIT WEER IN DIE OOND SIT OM VERDER TE BAK? 
• Wat vra jy nog!
Ja dit is moontlik om dit terug te sit, hou net ‘n wakende ogie oor dit dat dit nie brand nie.
Dus al was die koekies in die koekie blik en jy soek dit nog harder en gegewe daar is nie vulsels op nie, kan jy dit vir 5 minute teen die resep se gespesifiseerde tyd insit.

3. MY KIND IS ALLERGIES VIR NEUTE EN EK WIL GRAAG HIERDIE KOEKIE BAK.
KAN EK NET DIE NEUTE UITHAAL EN AANGAAN MET DIE RESEP?
• Die neute het ‘n funksie in die resep.
Eerstens gee dit tekstuur en dra by tot die volume van die koekie.
Tweedens verleen dit ‘n spesefieke smaak aan die gebak.

• Jy moet dus die neute met iets soos rosyne, korente, sjokolade splinters, droë vrugte, fudge of  malvalekkers vervang sodat die konsistensie / balans (dikte of loperigheid) dieselfde kan bly soos met die neute in die beslag.

• As jy nie die neute in gewig vervang nie gaan die koekie baie versprei en jy gaan ook baie minder koekies uit kry.

4. EK HET NIE BRUINSUIKER OM DIE KOEKIES MEE TE BAK NIE.
KAN EK WITSUIKER IN DIE PLEK DAARVAN GEBRUIK?
• Ja jy kan witsuiker gebruik maar onthou dat witsuiker nie baie vog soos bruinsuiker bevat nie en daarom dat die koekies baie bros gaan uitkom.

• Jy kan ook anders om werk deur bruinsuiker met wit te vervang maar onthou dat die bruinsuiker koekies altyd ‘n taai tekstuur gaan hê as die bros suiker koekies.

5. EK HET NIE BOTTER OM KOEKIES MEE TE BAK NIE.
WAT KAN EK IN DIE PLEK VAN BOTER GEBRUIK?
• Nou raak ons ‘n baie belangrike punt aan in gebak.
Jy kan net bak en brou met BAK MARGARINE!
Nie die margarien wat jy op jou broodjie sal smeer nie asb.
Hoekom nie?
Wel die smeer margarien bevat baie meer vog as soliede stukke en die beslag gaan loperig uit kom. Jou koekie gaan plat gaan ek die hele wêreld vol loop.
Bak margarien is ‘n vermening van botter en plantaardige olies en dus is dit meer geskik as smeer margarien.
RAMA en STORK BAKE is die enigste twee in Suid Afrika wat ek met herhaalde kere suksesvol gebruik het.
Julle moet baie mooi kyk, mense dink dat die blokke margarien in die toe gedraaide papiertjies bakmargarien is, nee, lees mooi soms is dit smeer margarien, selfs by rama en stork is dit so.
Dus lees mooi, daar moet staan bake!
Selfs met die maak van versiersuiker is die reel van toepassing.

• Dus vervang botter met BAK margarien.

6. DIE RESEP SÊ EK MOET SAGTE BOTTER GEBRUIK, HOE KRY EK DIE BOTTER SAG?
KAN EK DIE MIKROGOLF OOND GEBRUIK?
• Nee glad nie die mikrogolf oond nie.
Jy sal altyd kry dat die botter of margarien begin smelt, daar is so ‘n olie ring wat vorm.
Die solieds het reeds begin skei van die vog dele.

• Sit die regte hoeveelheid botter betyds uit.

• Of meet die botter af en plaas dit in ‘n plastiek sakkie en slaan dit met jou koekroller plat tussen die lae van die sakkie.
Dit sal soos klei begin word.
Vryf met jou warm hande oor die botter sodat dit vinniger sag word.
7. EK MOET BRUINSUIKER IN DIE RESEP GEBRUIK EN DIT IS KLIP HARD.

HOE KRY EK DIT WEER SAG?
• Soms gebeur dit dat die bruinsuiker uitdroog en dan is dit ‘n soliede bol.
As jy nie haastig is nie kan jy ‘n kwart stukkie appel bo op die suiker sit oornag en die deksel toemaak.
Die suiker sal die vog uit die appel absorbeer en weer sag word.

• As jy haastig is moet jy dit in die mikrogolf verhit en dadelik gebruik.
Gebruik net die hoeveelheid wat nodig is.

8. HOEKOM MOET EK MY BESTANDDELE SIF? 
• Lug is deel van rysmiddels en deur dit te doen sit jy lug in die bestanddele in.

• Dit verwyder enige gom wat dalk in die meel kan wees van die verpakkings materiaal.

• Dit help om bestanddele soos koeksoda wat geneig is om klonte te maak op te breek.
Daar is niks so onaangenaam as jy ‘n gemmerkoekie hap en jy proe net seep.

• Sif help ook om die bestanddele eweredig te versprei.
9. WANNEER EK MY KOEKIES UIT DRUK OF BLOKKIE KOEKIES MOET SNY SUKKEL EK.

Sproei die koekie drukker en mes met kleef werende sproei.

• Die koekie drukker kan ook in meel gedoop word voordat jy verder druk.
10.
 Wil graag vra, ek het verlede jaar brosbrood gebak, lieflik weereens uitgekom, haastigheid het ek 'n tweede mengsel gemaak, klaar gebak was ek so teleurgestel dit het gelyk of dit botter getrek het, tekstuur was verskriklik.
Wat het ek daar verkeerd gedoen asb?

Die botter het te warm geword, jou deeg het nie lank genoeg gerus sodat die botter kan hard word in die deeg nie. 

Dus het die olie deel en die soliede dele van die botter begin skei en dit het dus die gemors veroorsaak. 

Maak seker dat die botter wat jy gebruik nooit te pap is en as 'n reel al sê die resep dit nie. 

Laat die deeg rus vir ongeveer 30 minute tot 'n uur afhangende van die grootte van die baksel. 
Alle koekies bak beter en mooier as hulle gebak word as dit verkoel was.

Ek gaan sover om my bakplate in die vrieskas te sit en een een uit te haal om die koekies op te sit. Hoekom? 

Ons bak almal meeste van die tyd net in die somer maande en vir die Feestyd. 
Ons is dan in die hartjie van die somer en dan sluip die hitte monster in om ons te kortwiek! 
Hoop hierdie is 'n redelike logies verduideliking.

BRON: Annelien Pienaar en die Leerskool van die Lewe!


www.bosenbergguestfarm.co.za

Boerekos met ‘n Twist op FB.

3 opmerkings:

  1. Wat is die oorsaak dat jou koekie te hard bak

    AntwoordVee uit
  2. In die winter het ons koffie koekies.mooi uitgekom maar nou kom dit breed en plat uit. Het botter verminder maar dit kom nog steeds breed en plat uit. Enige raad?

    AntwoordVee uit
  3. In die winter het ons koffie koekies mooi uitgekom. Nou met die hitte bly hulle breed en plat uitkom. Ons het die botter verminder maar dit gebeur nog steeds. Enige raad?

    AntwoordVee uit