Saterdag, 10 Oktober 2015

KOEJAWEL YSKASTERT MET 'N TWIST

Tradisioneel word die koejawel tert net in die koekie krummel korsie gegiet maar hierdie variasie met die Rolkoek skywe is ‘n heerlike nagereg en tee tyd happie. My kinders geniet hierdie variasie van die tert nadat hulle vir ure in die swembad baljaar het!

RESEP
2 x 410 g blikke Ingedampte melk (Ideal milk)
2 x 80 g Kersie of aarbei jellie
2 x 410 g blikke Koejawel halwes
5ml Gelatien gespons oor 50 ml water
200 g Tennis beskuitjies of
2 Rolkoeke
Kersie likeur

METODE
1. Verkoel die ingedampte melk tot net voordat dit wil vries.

2. Dreineer die koejawels en gebruik die sap om met die jellie te meng. Plaas die jellie, gesponsde gelatien en die sap in ‘n kastrolletjie en smelt die jellie oor lae hitte in die koejawel sap. Verwyder van hitte en laat afkoel totdat dit dikkerig is en soos stroop begin lyk. Jy kan op ‘n warmdag dit in die yskas sit, maar hou baie fyndop dat dit nie set nie.

3. Kap die koejawels grof op en plaas eenkant. (Hier kan jy die variasie doen met die ekstra koppie vrugte wat ek gelys het.)

4. Plaas die ingedampte melk in ‘n mengbak en met ‘n elektriese klitser klits dit totdat dit dik en romerig word, dit neem so 5 - 10 minute om dit so te kry. Klits dan die koejawel jellie mengsel by.

5. Vou die koejawel stukke in.

6. Voer ‘n ronde bak uit met kleef plastiek as jy die rolkoek in plaas van die koekie krummels gaan gebruik. Sny die rolkoek dan in skywe van ongeveer 2 cm dik en sprinkel met die kersie likeur. Pak die wiele soos volg - begin pak op die bodem van die bak en werk dan in ‘n sirkel in die ronte totdat jy bo kom. Moenie bekommerd wees as die stukke sirkels uitsteek nie, sny net dat dit in pas.

7. Gooi dan die koejawel mengsel in die bak en maak toe met kleefplastiek. Laat oornag om te stol in die yskas.

8. Keer die koek om op ‘n mooi koekbord en verwyder die kleef plastiek, versier verder met vrugte  van keuse.

VARIASIES
1. Ek gebruik enige kombinasie van vars vrugte saam met die vulsel. Heel aarbeie, bessie vrugte, litjies word deur hierdie kombinasie van geure gekomplimenteer.

2. Dus voeg 1 koppie vars vrugte by die koejawel beslag.

BRON: Annelien Pienaar. www.bosenbergguestfarm.co.za

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking