Dinsdag, 06 Oktober 2015

HOE OM TE REGISTREER VIR E-POS VANAF BOEREKOS MET 'N TWIST SE BLOG


HOE DIE E-POSSE WERK
Sodra ek ‘n nuwe resep op die blog sit kry jy outomaties ‘n epos met die resep soos dit op die blad sal lyk.
Jy kan die epos op jou foon, tablet en rekenaar oopmaak afhangend of die “devices” geconnect is met die betrokke epos adres.

Wat dit nog meer opwindend maak, jy kan nou die resep vanaf jou epos print of stoor soos wat die oorspronklike web weergawe sou lyk.
Ek dink nie ek het besef watter groot geskenk Colyn vir ons gegee het met hierdie funksie nie.
Nou het jy nie meer nodig om resepte te copy en te paste nie!

MET DIE REKENAAR
Volg die skakel www.boerekostwist.blogspot.com en sodra die hoofblad oop maak moet jy die foto van die eiers en die bakke op die tafel sien met ons logo.
Direk onder die foto is daar aan die regterkant ‘n opsie: “Teken in vir e-pos”.
Jy vul net jou epos adres in en daar gaan jy.

MET 'N SLIMFOON - TABLET OF IPAD
Volg die skakel www.boerekostwist.blogspot.com.
Die blad gaan oopmaak.
As jy nie die foto van die eiers, die bakke en die tafel sien nie moet jy tot heel onder scroll totdat jy die woord sien:” Bekyk web weergawe”.
Klik op dit en dit sal jou na die hoofblad neem met die eiers en bakke.
Direk onder die foto aan die regter kant sal jy die “Teken in vir e-pos” kry.
Vul net jou epos adres in en daar gaan jy!

Hoop almal skryf in!
Groete Annelien.
www.bosenbergguestfarm.co.za

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking