Vrydag, 09 Oktober 2015

GRIEKSE SLAAISOUS

Die beste slaaisous in die wye wêreld! Kom ons gesêls eers oor olyfolie. Het jy geweet dat Extra Virgin Olive oil net vir koue disse soos slaaie en slaaisouse gebruik word en dat dit verkieslik nie verhit moet word nie?  Het jy geweet dat jy net met die gewone olyfolie kan kook. Maak dus seker dat jy weet wat jy koop en vir watter doel dit gebruik gaan word!

RESEP
100 ml Extra Virgin olyf olie
30 ml Appel asyn of Balsamies (donker of lig)
2 e Heuning
5 ml Gladde of growwe Dijon mosterd
5 ml Soya sous of woestersous
5 ml Papawersaad
10 ml Sesame saad
5 ml Sout
2.5 ml Grof gemaalde swart peper
50 ml Ui - ekstra fyn gekap
1 Knoffel toontjie - fyn gekap

METODE
1. Voeg al die bestanddele saam en klits goed.

2. Die sous sal vir 1 week in die yskas gestoor kan word.

VARIASIE
Voeg 50 ml gewone joghurt by die sous om dit romerig te maak.

BRON: Annelien Pienaar.  www.bosenbergguestfarm.co.za

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking