Saterdag, 03 Oktober 2015

EETBARE SPEEL KLEI

Ek is baie dankbaar en trots om te kan sê meeste van my vriendinne is baie ouer en wyser as ek. So gesêls ek en San Pieterse oor speel klei vir die kinders. Sy vertel my toe van haar resep wat die kinders selfs kan eet en dit kan ook gebak word.  Jy maak dit in verskeie kleure.  Wanneer vakansies op hande is en jy wil die jongspan besig hou is hierdie die perfekte speelgoed.

Al die fyn motoriese spiertjies en middellyn kruising word geoefen om nie eens van die tas sensore te praat nie.
Kom Mamma's en Ouma's spring in en maak die deeg. Die deeg hou ten minste 2 weke in die yskas of kan gevries word en by kamertemperatuur ontdooi word.

Soms speel ek lekkerder as my poplap!

RESEP
1 k Koekmeel
½ k Vlapoeier
½ k Versiersuiker
250 g Rama of Stork Bake

METODE
1. Meng al die bestanddele saam en knie goed.

2. As jy dit wil bak voorverhit die oond na 200 ˚ C en bak vir 8 - 10 minute.
Verkoel eers die koekies voordat dit gebak word.


BYGEDRA DEUR: San Pieterse, 2015.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking