Sondag, 04 Oktober 2015

CORN DOGS

Heerlike mardag kossies of vir die kinders se entrepreneurs of sommer net vir die lekker in die piekniek mandjie en kuierkos.

RESEP
½ k Polenta - lyk soos fyn mieliemeel, dit kan ook gebruik word as jy nie in die winkel kry
½ k Koekmeel
2 t Bakpoeier
knippie Sout
1 t Strooisuiker
1 Eier - geklits
125 ml Melk (½ kop)
6 gerookte Weense worsies
Olie vir diepvetbraai

METODE
1. Meng die droë bestanddele en klits die eier en melk by.

2. Ryg  worsies op ’n sosatiestokkie.


3. Doop die worsies in die beslag en braai in verhitte olie tot goudbruin.

WENK
1. Gooi die beslag in 'n lang glas sodat die hele worsie in die glas kan gaan om ordentlik bedek te word met die beslag. Daar is nie 'n makliker manier om die werk te doen nie. Maak seker die worsie is mooi droog voordat jy dit in die beslag doop. Druk heeltemal in die beslag en drup effens af.

2. Plaas in warm olie en hou heeltyd vas en draai sodat die worsie egalig bruin word. Gebruik 'n kleiner langer potjie vir die werk, selfde beginsel as met die lang glas, dit spaar ook olie.

3. Dreineer en bedien met heerlike doopsouse.

LEWER: 12 groot of 24 mini worsies.

BRON: Annelien Pienaar. www.bosenbergguestfarm.co.za


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking