Saterdag, 10 Oktober 2015

BOTTERSKORSIE GESTOLDE SLAAI

Vir die warm somers dae is daar niks so heerlik as 'n koel verfrissende slaai nie. My Ma het vir ons as kinders altyd hierdie wonderlike slaai gemaak. Jy kan die botterskorsie met wortel ook vervang.

RESEP
4 k Botterskorsie - gerasper
1 pakkie Suurlemoen of lemoen jellie
1 k Appelkoos joghurt
½ k Room - opsioneel
10 ml Gelatien in 100 ml water gesprinkel

METODE
1. Spons die gelatien. Jy moet die water in ‘n klein bakkie wat mikrogolf veilig is gooi. Sprinkel die gelatien bo oor en laat dit 5 minute staan totdat dit soos rubber geword het. Smelt versigtig in die mikrogolf oond, dit moenie borrel nie. Of jy kan water kook in potjie, verwyder van hitte, sit die bakkie in die potjie  sodat die gelatien kan smelt.

2. Sodra die gelatien gesmelt is voeg dit by die botterskorsie, suurlemoen jellie en appelkoos joghurt en meng goed.

3. Plaas in vorm van keuse wat met koue water uitgespoel is.

4. Plaas in yskas om te set vir 4 ure.

5. Ontvorm deur die vormpie vinnig in warm kraan water te dompel, maak kante versigtig los en keer uit.

BRON: Hantie Bezuidenhout. www.bosenbergguestfarm.co.za

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking