Maandag, 12 Oktober 2015

BOS EN BERG SANGRIA

Hierdie is een van my gunsteling dorsles drankies wat ek geniet saam met sonsondergang op die plaasdam se wal.

RESEP
3 Rooi Pink Lady appels
1 blikkie Gemengde vrugte kelkie
1 Rooiwyn of wit wyn van keuse
4 k Appel cider
1 Lemoen se sap uitgedruk
Kaneel stokkie of fyn kaneel na smaak
1 Toontjie gemmer wortel in ringe gesny
1 Naeltjie
½ k Wit suiker

METODE

1. Skil die appel en verwyder die klokhuis. Sny die appel klein op in blokkies.

2. Hou die cider eers vir die volgende dag in die yskas. Maar neem een koppie cider en voeg dit by die res van die bestanddele en laat ongeveer 12 ure verouder in die yskas.

3. Bedien met fyn ys en voeg dan die res van die cider by.

VARIASIE
1. Ek is baie lief vir bessies in my sangria. Dus gooi ek sommer ‘n 250 g pakkie vars gemengde bessies by, ment blare en aarbeie.

MAAK: Ongeveer 2 liter.

BRON: Annelien Pienaar.  www.bosenbergguestfarm.co.za


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking