Maandag, 19 Oktober 2015

BANOFFEE PIE (PIESANG EN TOFFIE TERT)

As daar nou een ding is wat die Kanadese my goed leer maak het dan is dit Banoffee pie. Die kors is net so lekker soos die karamelvulsel. Dit is 'n piesang en toffie tert! Nie karamel kondensmelk nie, jy maak jou eie toffie, ek gebruik ook hierdie toffie net 'n effens dunner weergawe vir my roomys souse!

1. Ek het geleer dat UHT of lang lewe room NIE kan botter maak nie! So dit klop met moeite styf, dus gebruik dit liefs net in kookery ens.  So ek het my lesse goed geleer daardie kant.


2. Verder as ek pasteie, koeke en terte in die oond bak in losboom panne soos flan tins en spring form tins (skuus ek ken nie die afrikaanse name nie) doen jy die volgende. Sodra jy die oond aansit, plaas ‘n groot genoeg bakplaat op die regte hoogte om te bak. Die warm pan sal dadelik hitte na die regte dele van die item waarin jy bak versprei en jy sal nie ‘n pap basis kry met korse wat blind gebak word nie.


RESEP
KORS
160 g Koekmeel
120 g Botter - in blokkies gesny
60 g Strooisuiker
Knippie sout
Knippie kaneel
Bietjie ys water om deeg aan mekaar te kry (so 2-4 eetlepels)

METODE
1. Voorverhit oond na 160 ˚ C.

2. Hier kom die moeilike werk, hiehie, nee ek grap! Neem jou voedsel verwerker en plaas die koekmeel en botter daarin. Draai die lem totdat dit soos brood krummels lyk.

3. Voeg dan die suiker by en meng totdat dit deeg ‘n sagte bal vorm. Laat vir 10 minute in die yskas rus. Rol ongeveer 3 mm dik uit en voer ‘n flan pannetjie of ‘n gewone pannetjie met die deeg uit. As jy nie vertroud is met 'n rolstok nie druk dit met jou vingers in die pannetjie vas en vryf plat met 'n lepel se agter kant!

4. Bak die deeg blind vir 10 minute en verwyder en bak weer vir 20 minute totdat dit deur gaar en klip hard is.

5. Laat goed afkoel voordat jy die vulsel insit. Ek maak baie keer die deeg dubbeld aan en vries die klaar gaar korse vir lemon meringue, kondensmelk tert en enige ander stol terte.

VULSEL
120 g Botter - in blokkies gesny
210 g Kondensmelk
120 g Sagte bruin suiker
2 e Goue stroop
2 Piesangs - in ringetjies gesny - in suurlemoen water
Vars room (nie die in UHT lang lewe nie)
50 g Gerasperde sjokolade (jou gunsteling)

METODE
1. Smelt die botter, kondensmelk, bruinsuiker en goue stroop oor lae hitte in kastrolletjie. Roer om aanbrand te voorkom.Die mengsel is gereed sodra al die suiker opgelos het.

2. Kook dan vir ongeveer 7 - 10 minute op medium hitte totdat die mengsel verdik en ‘n pragtige fudge kleur word.

3. Gooi die karamel vulsel in die tert kors en laat goed afkoel voordat die piesangs op gesit word.

4. Rangskik die piesang skywe op die karamel. Sprinkel met neute as jy wil.

5. Klop die vars room styf en spuit of smeer oor die piesangs. Sprinkel met soveel sjokolade soos jy wil.

BRON: Annelien Pienaar. 2015, www.bosenbergguestfarm.co.za

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking