Dinsdag, 06 Oktober 2015

AARBEI STROOP

Wanneer dit so warm word is die enigste ding wat ek aan kan dink 'n koue verfrissende nie-alkoholiese drankie soos aarbei stroop in Gemmerlin of Sprite gemeng. Om hierdie drankie te maak moet jy maar self proe totdat die smaak vir jou pas. Dus kook eers die onderstaande resep en maak jou eie drankie. Fraai dit op met ment blare uit jou tuin.

RESEP
5 k Wit suiker
5 k Water
7½ k Aarbeie - fyn gesny

METODE
1. Verhit die water en suiker stadig oor medium hitte sodat die suiker goed kan oplos.

2. Voeg die aarbeie by en kook vir 10 minute totdat al die sap uit die aarbeie gekook is.

3. Maak ‘n tuisgemaakte sif deur, gaasdoek of materiaal wat goed dreineer oor ‘n sif te sit.
Dreineer die sap en MOENIE die aarbeie druk om nog sap vry te stel nie, anders gaan jou sap wolkerig en nie helder en deurskynend wees nie. Laat dit liewer so 3 ure self dreineer, die pulp wat oor bly kan bevries word vir roomys en yoghurt maak.

4. Bottel dadelik baie warm.Hou in yskas vir 3 maande, of as jy ‘n canner het kan dit vir jare so hou as jy dit deur die sisteem gesit het.

GEBRUIKE

1. Heerlik saam met Sprite, Gemmerlin, Sodawater.
2. Yoghurt, roomys.

BRON: Annelien Pienaar.  www.bosenbergguestfarm.co.za

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking