Woensdag, 16 September 2015

WIT KARRINGMELK BESKUIT

Hierdie heerlike bolletjies karringmelk beskuit kan net die regte ding wees om jou dag mee te begin. My Ma het hierdie bondeltjies liefde altyd vir ons vir ‘n spesiale bederfie gebak om saam te stuur na ‘n naweek weg van die Universiteit. As ek by die woontsel gekom het was my bak behoorlik geplunder deur die ander 4 meisies met wie ek gedeel het! Elke bolletjie word individueel gerol en dan in die pannetjie gepak. Na die tyd word die uit mekaar gebreek en gedroog.
Ek vind dat die snyery die nie so lekker laat proe nie, ek hou van bolle rol! Maar as jy haastig is en een van daardie beskuit drukkers het, laat waai!

RESEP
1.5 kg Koekmeel (bruismeel kan gebruik word, laat dan net die bakpoeier en koeksoda uit)
5 ml Sout
10 ml Kremetart
4 t Bakpoeier
2 t Koeksoda
500 g Botter
400 g Suiker
500 ml Karringmelk
1 Eier - geklits

METODE
1.Sif al die droë bestanddele saam behalwe die suiker.

2. Smelt die botter en suiker saam, laat afkoel tot kamertemperatuur en voeg die eier en karringmelk by.

3. Meng die nat en droë bestanddele saam, moenie knie nie, druk net aan mekaar, jy wil nie gluten ontwikkel nie.

4. Spuit ‘n oondpan met kleefwerende sproei en deel die deeg in 40 bolletjies. Ek weeg die deeg en deel dit dan deur 40 om die gewig vir elke bolletjie te kry. Maak bolletjies en pak in pan. Jy kan ook in gewone brood panne bak, jou keuse hoe groot jy die bolletjies wil hê.

5. Bak by 180 ˚ C vir 45 - 60 minute.

6. Keer op draadrak uit om af te koel en breek dan die bolletjies los. Plaas in oond om verder te droog. Ek droog altyd met my oond deur effens oop gehou met 'n houtlepel.

HOEVEELHEID: 40 beskuite.

BRON: Hantie Bezuidenhout.



3 opmerkings:

  1. Johan die deeg word liggies aan mekaar gedruk. Ons wil nie gluten ontwikkel nie. Die resep is soort gelyk aan gewone gesondheidsbeskuit. Dit is net wit. Groete Annelien Pienaar

    AntwoordVee uit