Woensdag, 02 September 2015

VERSIERSELS

ROOMKAAS VERSIERSEL
230 g Roomkaas
½ k Botter
450g Versiersuiker
1 t Vanielje geursel

METODE
1. Room eers die botter en die roomkaas appart sodat dit romerig en lig word.

2. Voeg die botter en roomkaas saam en klits goed deur.

3. Voeg die versiersuiker by en vanielje geursel.

GESOUTE KARAMEL VULSEL

1½ k Sagte bruinsuiker
6 e Melk
½ t Sout
1 k Versiersuiker
2 k Italian meringue botter versiersel - sien resep

METODE
1. Verhit die suiker, melk en botter oor lae hitte totdat die suiker opgelos het. Kook dan vir ‘n verdere 2 minute. Verwyder van hitte en skep oor in mengbak.

2. Voeg die versiersuiker by en klop totdat die mengsel goed afgekoel het na kamertemperatuur. Jy kan met ysbak die temperatuur vinniger afbring.

3.Sodra die temperatuur koud genoeg is klits dan die meringue lepel vir lepel by.

ITALIAN MERINGUE BOTTERVERSIERSEL 
1 k Wit suiker
½ k Water
5 medium Eierwitte
¼ k Suiker - vir meringue
220 g Botter

METODE
1. Smelt die 1 kop suiker met die water en kook tot 118 ˚ C. MOENIE die mengsel roer nie, skud net die kastrol!

2. Sodra die stroop by 110 ˚ C bereik, begin die 5 eierwitte klits tot sagte punt stadium en en voeg die ¼ kop suiker by en klits verder.

3. Sodra die suiker stroop 115 ˚ C bereik, haal van hitte af en kontrolleer die temp om nie oor 118 ˚ C te gaan nie. Plaas die kastrol in koue water as dit 118 ˚ C bereik het.

4. Voeg die stroop in die meringue in met ‘n dun straaltjie en jy moet die heeltyd klits soos die stroop in gaan.

5. Klits die mengsel vir 20 minute totdat dit koeler as kamertemperatuur is. Voeg dan die botter klontjie vir klontjie by, die mengsel sal lyk of dit skif, hou net aan dit sal weer glad word.

BRON: Annelien Pienaar, 2015.





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking