Vrydag, 25 September 2015

SUURLEMOEN MERINGUE

LES
1. Wanneer meringues gemaak word moet jy so vetvry as moontlik werk. Dit beteken dus dat die toerusting wat jy gebruik skoon moet wees en met skoon vadoeke afgedroog word. Die klitser moet ook deeglik skoon wees, olierigheid veroorsaak dat die eierwitte NIE gaan styf klop nie. MOENIE plastiek bakke gebruik om die eierwit in te klits nie, glo my! Die plastiek is porieus en hou vette in die holtetjies.

2. Wanneer eiers geskei word moet daar versigtig geskei word om te voorkom dat daar eiergele in die witte ingaan, die eiergele het ‘n vet in en veroorsaak dan dat die eierwit nie wil styf klits nie, gooi weg en begin oor, glo my.

WENK

Eiergele kan in yshouertjies met 1 tl water gevries word, ek gebruik dit in my pastei korse!

3. Gebruik eiers wat by kamertemperatuur gelos is vir ten minste 30 minute of plaas in lou water as dit direk uit die yskas kom vir 10 minute. Eiers by kamertemperatuur klop tot ‘n hoër volume as koue eiers.

4. Wanneer die suiker by die stywe meringue gevoeg word moet dit lepels gewys gedoen word en die heeltyd goed geklits word sodat die suiker korrels goed kan oplos en die mengsel ‘n amper silwerglans verkry. Jy toets ook die mengsel of dit gereed is deur die meringue tussen die vingers te vryf en te voel of die korrels opgelos is.

5. Hierdie is ‘n stadige proses so wees maar geduldig.

6. Geurmiddels en kleurmiddels word eers aan die einde van die proses bygevoeg.

8. Die kremetart wat bygevoeg word is‘n suur en dit help die eierproteine makliker koaguleer (stol) en meer wolkerig word.

9. MOENIE as die humiditeit hoog is die meringues maak nie, dit gaan taai word as dit afkoel. So moenie goed op die plate kook dat die stoom staan en dan die meringues bak nie.

RESEP
3 Eiers - geskei
1 t Suurlemoenskil - gerasper
½ k Suurlemoensap
375 g Kondensmelk (maak jou eie - resep in files)
100 g Strooisuiker
½ t Kremetart
½ t Vanielje geursel
½ pakkie Tennis beskuitjies - fyn gedruk
knippie Kaneel
50 g Margarien - gesmelt en met krummels gemeng

METODE
1. Klits die eiergele, suurlemoenskil en sap saam tot dik en romerig.

2. Maak die koekie krummels fyn in voedsel verwerker of met koekroller en voeg die kaneel en gesmelte margarien by. Druk in 23 cm tertpan vas.

3. Klits die kondensmelk by eiergeel mengsel en skep in voorbereide tertdop.

4. Klits die eierwitte tot stywepunt stadium, maar nie droog nie. Voeg die suiker en res van bestanddele by en klits tot glansend en suiker opgelos is.

5. Spuit mengsel of sprei mengsel op die kondensmelk mengsel.

6. Bak by 180 ˚ C vir 25 minute, hou maar 'n ogie dat dit nie te bruin word nie.

KROEK KORS
1 pakkie Tennis beskuitjies - fyn gemaak
3 e Botter

METODE
Smelt alles saam en druk in pannetjie.

HOEVEELHEID: 1 tert.

BRON: Hantie Bezuidenhout.




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking