Dinsdag, 15 September 2015

MURGPAMPOEN BROS VINGERS

Hierdie is die heerlikste om saam met burgers te bedien in plaas van aartappel skyfies. Hierdie vingers kan diepvet gebraai word of in die oond bebak word. Dit is geskik vir vegetariƫrs. My kinders geniet hierdie sommer so op die burger gepak. Ek hou van my vingers met my Ma se knoffelroom sousie. Gaan loer gerus by souse in die kantlyn.

RESEP
250 Murgpampoentjies
2 Eiers
1 t Hoender speserye
1 k Koekmeel
½ k Mielieblom (maizena)
½ t Bakpoeier
300 g Broodkrummels - gedroog

METODE
1. Sny die murgpampoenties in die lengte in kwarte.


2. Sif die koekmeel, maizena met die sout en bakpoeier saam.

3. Doop die vingers in die geklitste eier en dan in die meel. Laat eenkant en maak die res van die vingers klaar.

4. Doop die vingers weer in die eier en rol dan in die krummels. Laat al die vingers op ‘n bakplaat in die yskas vir 1 uur staan voordat jy dit gaar maak.

5. Jy kan die vingers diepvet braai of in die oond bak vir 35minute by 180 ˚ C.

HOEVEELHEID: 4 - 6 porsies.

BRON: Annelien Pienaar.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking