Vrydag, 04 September 2015

KARAMEL PEKANS

Karamel Pekans
Ek woon tans in die omgewing waar ek groot geword het. Pekans was al in my kleintyd nie vir my 'n vreemde ding nie. Ons het met karamel Pekans altyd na Koekverkopings gegaan en sakke vol geld gemaak. Dit was my moeder se idee van gesonde lekkergoed. Vandag sit ek die tradisie voort deur hierdie lekkerny ook in Ouma se Spens te verkoop!

Resep
1 Eierwit
1 e Water
2 t Kaneel
1 k Wit suiker
3 k Pekan halwes - stukkies werk glad nie

METODE
1. Meng die suiker en kaneel saam. Hou eenkant.

2. Klits die eierwit en water saam tot skuimerig.

3. Gooi die eierwit mengsel oor die pekans en meng dit deeglik sodat die pekans goed benat is.

4. Sprinkel die suiker mengsel oor en skud die bak sodat al die neute bedek is.

5. Bak by 120 ˚ C vir 30 minute tot die meringue droog is.

BRON: Annelien Pienaar, Produk ontwikkelling vir Bos en Berg gasteplaas, 2015

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking