Donderdag, 03 September 2015

KANT KOEKIES

Hierdie is een van my spog gebak wat ek baie min maak as gevolg van die amandels wat so vrek duur geword het. 
Wanneer jy nou iemand vreeslik wil beindruk, dan bak jy hierdie spoggerige kantagtige koekie.

As jy al ooit Florentyn koekies, Brandy snaps of Tulles gebak het, dit val in dieselfde kategorie en jy moet baie vinnig te werk gaan anders kan die koekie maklik brand of verkeerd vorm. 
Maar moenie kommer, hiedie resep is een van my resepte wat nie maklik 'n mislukking uitkom nie!

RESEP
½ k Gepelde amandels - geen bruin skilletjies
¼ k Botter
3 e Koekmeel
115g Witsuiker
1½ e Melk
2 ml Vanielje ekstrak

METODE
1. Plaas die amandels in die voedselverwerker en maal totdat dit soos broodkrummels lyk.
Smelt die botter oor lae hitte en verwyder van plaat. 

2. Roer al die bestanddele by en meng goed om egalig te word.

3. Rol 5 ml balletjies en plaas 6 cm uit mekaar op bakplaat.
Druk effens plat.

4. Bak presies 5 minute by 190 ˚ C.
As die koekie te lank gebak word gaan die kante te bros word en maklik breek.

5. Die koekie word mettertyd hard.

HOEVEELHEID: 24 koekies van so 5 cm grootte.

BRON: Annelien Pienaar, 2015.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking