Woensdag, 05 Augustus 2015

VLA BÊRE MENGSEL

'n Vriendin van my Maritha Lotz het jare gelede vir my hierdie kits vla resep gegee. 
Wanneer die kinders lus is vir 'n vinnige nagereg, dan maak ek hierdie blitsige vla aan en breek Marie koekies of Tennisbeskuitjies in die vla in, laat dit staan vir rukkie om te stol en die koekies te laat sag word. 
My kinders dink dit is hemels, strooi ook so bietjie klapper bo oor.

RESEP
500 g melk poeier (lae vet kan ook gebruik word)
625 ml vla poeier
500 ml suiker (300 ml Xylitol)

METODE
1. Meng alles goed saam.

GEBRUIKSAANWYSINGS
1. Vir elke eetlepel poeier voeg jy ‘n ¾ kop water by.
Verhit alles saam en klop alle klonte uit met ballon klitser (whisk).

2. Sodra die mengsel verdik het en jy soek dit dalk dunner kan jy nog water byvoeg en goed deur klits.

BRON: Maritha Lotz.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking