Woensdag, 12 Augustus 2015

TIPSY TERT MET 'N TWIST

My Ma kon darem die wonderlikste terte op tower. Sy het eendag nie Rum geursel gehad nie en het toe 'n Amarula weergawe van die Tipsy tert gedoen met bietjie koffie by. Lees verder by die variasies hoe hierdie Tipsy tert 'n Twist of twee by kry!

RESEP
KOEK
1½ k Dadels - grof gekap
5ml Koeksoda
1¼ k Kookwater
2 Eiers
250ml Suiker
3e Botter - hoogvol
2k Koekmeel
2t Bakpoeier
1t Vanielje geursel
knippie Sout

METODE
1. Meng die dadels, koeksoda en kookwater saam sodat die dadels sag kan word. As daar baie water is moet dit dreineer word.

2. Room die eiers en suiker tot lig en donsig.

3. Klits die botter by die eiermengsel in en laaste die dadels.

4. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Vou in by eiermengsel en laaste die vanielje geursel.

5. Bak by 180 ˚ C vir 30 minute.

STROOP
2k Wit suiker
1k Water
1e Botter
2t Rum geursel

METODE
1. Kook die suiker, water en botter saam. Sodra die suiker opgelos het voeg die rum geursel by.

2. Gooi die warm sous oor die warm koek.

VARIASIE
1. Bak die beslag in mini kolwyntjie pannetjies vir vingerhappie groottes. Bedien met room en glans kersies.

2. Om die tert nog erger stout te maak. Laat die koek eers heeltemal afkoel en smeer dan 1 blik gekookte kondensmelk oor en rondaf met styfgeklopte room en neute!

3. Onthou die rum geursel kan met koffie, amandel, karamel of enige ander geursel van jou keuse gegeur word, selfs alkhol!

HOEVEELHEID: 1 langwerpige pyrex bak, 40 mini kolwyntjies of 12 groot kolwyntjies.


BRON: Hantie Bezuidenhout


2 opmerkings:

  1. Die resep dui nie aan wanneer die dadels ingemeng word en of die water gedreineer moet word nie. Ek het reeds beslag aangemaak en net aangeneem dat die dadels met water en al by die botter mengels ingeroer moet word. Hoop ek was reg!

    AntwoordVee uit
  2. Hallo Biebie. Gewoonlik sodra die dadels sag gekook is, behoort daar nie veel water meer teenwoordig te wees nie. Dit sal 'n sagte pap moes wees. As jy voel daar is te veel water moet jy dit dreineer. Die dadels moet saam met die botter mengsel ingevou word voordat die meel by kom. Sterte en kom post 'n foto op die Face Boek blad Boerekos met 'n Twist

    AntwoordVee uit