Saterdag, 08 Augustus 2015

SEEKOS POTJIE MET ROOIWYN EN SONGEDROOGDE TAMATIES


Songedroogde tamaties kan of jou vriend of jou vyand word. Vir my het ek die goue midde weg gevind en geniet my tamaties baie. Ek koop altyd gedroogde tamaties, soms as ek lus is vir ‘n kinkel dan rook ek dit op die stoofplaat vir ekstra geur as ek pesto maak. Wanneer dit hidreer word, beteken dit maar net die gedroogde tamatie kry kookwater oor (laat staan vir ‘n uur) en die tamatie sit uit omdat dit die vog absorbeer. Nadat dit uitgesit het kan dit met olies en suur gemarineer word vir iets baie indrukwekkend, die geure is ongelooflik. 

Wanneer ek wyn in my kookkuns gebruik, gebruik ek net die beste. As die wyn nie vir jou aanvaarbaar is om te drink en dit is suur, dink net hoe suur gaan jou eindproduk wees as jy swak kwaliteit of selfs wyn wat “af” is gebruik in jou kookkuns. Net die beste vir jou disse soos wat jy op jouself sal spandeer!

RESEP
5 e Olyfolie
1 Ui - fyn gekap
1 Soetrissie - gekap
4 Knoffel toontjies - fyn gedruk
5 e Tamatiepuree
2 e Koljander blare - vars - gekap
2 e Origanum - gedroog
500 g Songdroogde tamaties - gehidreer
250 ml Rooi wyn - Merlot of Shiraz
400 g Mossels - indop - geskrop en baard verwyder
450 g Witvis - Monk vis werk heerlik
120 g Scallops - gehalveer
120 g Prawns - skoongemaak
200 g Krapvleis - gebruik die blikkie
Sout en peper na smaak
Vars kruie vir garnering (Dill is my eerste keuse)

METODE
1. Verhit die olie en soteer die ui en soetrissie tot lig en glansend in groot pan, ongeveer 5 minute.

2. Voeg die knoffel, tamatiepuree, koljander en origanum by en kook vir 2 minute.

3. Voeg nou die tamaties en wyn by en geur met sout en peper na smaak.

4. Laat hierdie tamatie en wyn kook vir 20 minute op baie lae hitte. Voeg die vis by en kook vir nog 15 minute.

5. Voeg die res van die mossels, scallops, prawns en krap vleis by. Kook vir ‘n verdere 15 minute.

6. Roer versigtig om nie die vis op te breek nie. Bedien met vars kruie van keuse op Jasmyn gegeurde rys.

HOEVEELHEID: 4 groot porsies.

BRON: Annelien Pienaar, 2015, www.bosenbergguestfarm.co.za







Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking