Saterdag, 01 Augustus 2015

PEKAN EN SJOKOLADE FUDGE

RESEP
250 g suiker
1 blikkie kondensmelk
60 g botter
5 ml vanielje geursel
120 g donker sjokolade - gerasper
80 g pekans

METODE
1. Smeer 'n reghoekige bakplaatjie van ongeveer 19 x 23 cm of 19 x 19 cm.

2. Smeer jou beste kastrol wat nie maklik aanbrand nie se bodem met botter.

3. Plaas die suiker kondensmelk en botter in kastrol en verhit stadig totdat al die suiker opgelos het. Was die kante van die kastrol af om kristalvorming te voorkom in die begin stadium, die fudge moet 'n gladde tekstuur aan die einde kry.

4. Roer van tyd tot tyd en toets die mengsel se gereedheid op 2 maniere.
Indien jy 'n suikertermometer besit moet dit 116 ˚ C lees.
Of drup 'n bietjie van die fudge in ys water, as jy aan die bal vat moet dit ferm maar sag wees.

5. Sodra die mengsel gereed is klop die vanielje geursel, grof gekapte neute en sjokolade by.
Hou aan meng totdat die sjokolade gesmelt het.
Onthou hoe fyner jy die sjokolade kap hoe vinniger smelt dit en makliker skep dit uit in die bak vir stolling.

6. Laat halfpad afkoel en sny in blokkies, laat dan om volledig af te koel.

NOODHULP
Veronderstel jou fudge wil nie stol nie.
Verhit weer todat dit loperig is en meng 200 g grof gekapte Tennis beskuitjies of Marie koekies in, skep weer uit om te stol.

Die koekies absorbeer die ekstra vog.

Ongelukkig kan die mengsel nie weer gekook word soos ander fuge nie omdat die sjokolade gaan aanbrand.

BRON: Hantie Bezuidenhout.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking