Donderdag, 06 Augustus 2015

ONTSTAAN VAN MELKTERT EN AL DIE SOORTE

Die ontstaan van die Melktert.

Die melktert pap of vla gedeelte kom al van die oudste tye saam.
Tydens vasting het die nonne en monnike dit gebruik om vleis te vervang en dus dan 'n sagte diëet te volg.
Alle gestolde vla's het melk en eier in om dit te set.
Deesdae word dinge vinniger en makliker en word koekmeel en maizena by die beslag gesit om dit 'n dikker en growwer tekstuur te gee.
Ek dink nav die boek van HJ Claassens het die boere ook maar 'n tekort gehad met eiers en melk en volgens wat ek kan aflei die koekmeel en mielieblom ingesit om die eiers te rek.

Een van my persoonlike gunstelinge is Creme Caramel of gebakte vla soos ons dit ken.
Die ryk goue stropie wat onder in die bakkie vorm is om van te sing van plesier.
Eier en melk vorm die basis van hierdie resep en 'n delikate tekstuur word verkry deur matige hitte in die oond en die waterbad (Bain Marie) gebak te word.
Dit is sysag op jou tong!
Die boetie van die Creme Caramel is die Creme Brulee wat ook eers in 'n waterbad gebak word en dan later net voor opdiening word die suiker gekarameliseer.

Dan is daar vinnige en heerlike goed soos vlaskywe, roompoffers gevul met melktert pap en ook tertdoppies.
Wat van die suurlemoen kondensmelk en vla tert.
Jodetert is een van my Nostalgie terte, 'n resep wat so deel is van ons familie en so min uit gedeel word omdat dit so uniek is.
Daar is net so baie vla basis terte om van te kies...

Vandag het ek vir die nuwe Pretoria FM 'n Gebakte Kaapse melktert gemaak, hulle het heerlik gesmul, hoop julle gaan die Kaapse melktert op die blog uit toets en net soveel soos ons geniet.

Melktert groete
Annelien Pienaar.

PS: Vraag: Watter melktert het ek na die ateljee geneem ?

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking