Maandag, 03 Augustus 2015

AKKURATE AFMETING VAN BESTANDDELE

1. SKAALTJIES
Kan in twee kategorië verdeel word naamlik elektronies en meganies. Kom ons kyk na die voor en nadele van beide.

a. MEGANIESE SKAALTJIES 

Hierdie skaaltjies werk met ‘n “veer of spring” meganisme. Jy kry wonderlike meganiese skaaltjies en hulle is wonderlik om te gebruik. Ongelukkig is daar ‘n paar probleme wat mag in sluip met hierdie skaaltjies. Die manier hoe die skaaltjie gestoor word is een probleem. As jy die skaaltjie bêre mag die meganisme nie ingedruk wees nie. Die veer moet vry wees anders verloor dit sy krag. Dus is die lewensduur van so ‘n skaaltjies baie kort, so 3 jaar afhangend hoe gereeld dit gebruik word asook hoe dit gestoor word.

b. ELEKTRONIESE SKAALTJIES

Wanneer jy in so een belê kyk jy van enigie iets van so R120 tot R1000. Ek het onlangs vir my Kook klasse 4 aangekoop by Dischem teen R180 een. Dit kan gramme en ponde afmeet. Jy kan enige bakkie op dit sit, so jy het nie meer nodig om te sukkel met net die een bakkie van die meganiese skaaltjie wat op pas nie. Maak ook seker as jy dit koop tot watter inkremente dit gaan.

As jy gereeld soos ek preserveer koop een wat tot 5 kg kan weeg en met 1 g inkremente. Ek het mooi gekyk, daar is skaaltjies van 2 - 5 kg onderskeidelik, vir baie billike pryse. My eerste skaaltjie wat ek as student gekoop het was ‘n Schoenle, 20 jaar oud nou en werk nog perfek, hy is wel baie vuil en aangepak maar akkuraat verby.

2. MAATLEPELS EN KOPPIES

Hierdie is van toepassing op resepte wat koppie en lepel mates gee.
Wanneer droë bestanddele afgemeet word, moet dit met ‘n lepel in die bekertjie in geskep word en nie ingedruk word nie.
Doen die volgende toets.
Weeg die meel af as jy dit net opskep en gelyk skraap, neem ‘n skaaltjie lesing in gramme.
Dan doen die tweede toets, skep die meel met ‘n lepel in die bekertjie in en skraap met mes se agter kant gelyk, meet.
Jy gaan geskok wees oor die verskil.
Nou maak dit mos vir jou sin dat die eerste praktyk altyd daartoe lei dat brood en pastei deeg soms te min vog in het.

3. MAATBEKERS

Wanneer vloeistowwe afgemeet word moet jy die volgende toets eers met jou maatbeker doen. Maak seker dat jy die water op ooghoogte op 1 liter afmeet en weeg dit dan. As jy ‘n afwyking het weet jy dat die maatbeker kalibrering verkeerd is. Dus is dit hoekom ek al my vloeistowwe afweeg en nie afmeet nie. Ek het een maatbeker wat van blik is van my ouma wat reg gekalibreer is. Verder weeg ek maar soos ek aangaan as ek nie seker is of die maatbekers reg is nie. Gewoonlik doen ek bo genoemde toets elke keer as ek by ‘n vreemde plek moet gaan klas gee. Ek is ongelukkig ‘n perfeksionis met afmeet en akkuraatheid is kardinaal. Dus weet ek dan wat moet ek meer of minder maak.

4. OMSKAKELINGS TABELLE

Hier is een skakel wat ek vind redelik akkuraat is vir omskakeling van ml na g.

http://www.convert-me.com/en/convert/cooking/

http://www.onlineconversion.com/weight_volume_cooking.htm

BRON: Annelien Pienaar 2015.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking