Donderdag, 23 Julie 2015

VEELSYDIGE VANIELJE SPONSKOEK

Groot koeke
Hierdie resep is geskik vir kolwyntjies en ook groot koeke, selfs as jy die beslag halveer maak dit die wonderlikste rolkoek en dit bars nie!

RESEP
4 jumbo of ekstra groot eiers - anders 5 gewoon by kamertemperatuur.
1½ kop suiker
Kolwyntjies
2 kop koekmeel
½ tl sout
1 kop kookmelk - afgekoel tot lou warm
100 ml olie
1 tl vanielje geursel
1 el bakpoeier (vou laaste in)

METODE

1. Klits die eiers en suiker saam tot lig en donsig vir ongeveer 5 minute. 
Dit moet so lig soos botter word.

2. Sif koekmeel en sout saam.


3. Meng die olie met die afgekoelde kookmelk en vou dit tesame met die meelmengsel in die eiermengsel in met ‘n metaal lepel, die lepel sny saggies deur die lugborrels wat jy vooraf ingeklits het.


4. Vou die vanielje geursel en bakpoeier in die beslag in.


5. BAK TYE

GROOT KOEKE:  Bak by 180 ˚ C vir 25 - 30 minute.
KOLWYNTJIES: Bak by 180 ˚ C vir 20 - 25 minute.
ROLKOEK: Bak by 180 ˚ C vir 12 - 15 minute.

LEWER: 2 ronde koeke of 24 kolwyntjies.


BRON: Hantie Bezuidenhout.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking