Woensdag, 15 Julie 2015

ROMERIGE MIELIERYS

Ek maak hierdie wonderlike stysel gereg saam met braaivleis, afval en enige potjie as 'n bygereg.

BASIS
500 g Rou mielierys
1.5 liter Water
1 x Vleis aftreksel blokkie
3 e Botter

METODE

1. Week die mielierys in water vir 2 ure sodat meeste van die stysel af gewas is en spoel 2 keer deeglik voordat jy dit kook.

2. Kook die mielie rys oor matige hitte totdat gaar met al die bestanddele gelys.


GEUR VAN MIELIERYS

250 g Spekvleis - fyn op gesnipper
3 Knoffel toontjies - fyn gedruk
100 g Sampioene - fyn gekap
150 g Mieliepitte - gedreineer
100 g Rooi soetrissie - fyn gekap
50 g Spriet uie - fyn gekap
10 g Seldery stingels - fyn gesny
250 ml Room
1 k Cheddar kaas - gerasper
Paprika vir kleur om bo op te sprinkel
Vars koljander blare vir garnering
Sout en peper na smaak

METODE

1. Braai die spekvleis tot bros en ekstra bruin, braai dan die sampioene en seldery vir 5minute saam. Voeg dan die knoffel en spriet uie by en braai net 1 minuut.

2. Meng die room en kaas met die gaar mielierys en dan die spekvleis mengsel. 
Gebruik ‘n vurk om die bestanddele los te hou.

3. Bak in die oond vir 20 minute totdat die kaas gesmelt is.


4. Garneer met vars koljander blare en paprika.


PORSIES: 6 - 8 persone.


BRON: Annelien Pienaar.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking