Dinsdag, 28 Julie 2015

PEKAN - KOFFIE BISCOTTI

My liefde vir hierdie heerlike soet beskuitjie kom al vir baie jare. 
Ek het 'n basis resep en speel dan met geure, hierdie is een van my gunstelinge! 
Biscotti beteken net dat die beskuitjie 2 keer gebak is.

RESEP
150 g pekans OF 50 g sjokolade chips en 100 g neute
2½ kop koekmeel
1½ tl bakpoeier
75 g botter
150 g strooisuiker
2 eiers - geklits
5 ml kaneel
1 el koffie poeier opgelos in 1 el kookwater
5 ml Koffie ekstrak
¼ tl sout
2 el melk

METODE
1. Voorverhit oond na 180 ˚ C.

2. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.

3. Vryf botter met vingerpunte in.

4. Voeg suiker en neute by mengsel.

5. Voeg eiers en melk by en knie liggies om saam te kom.

6. Vorm in worse, maak 2 uit hierdie baksel.
Druk effens plat en bak vir 25 minute.

7. Laat afkoel.

8. Sny in skuins skywe van 2 cm dik en droog by 100 ˚ C vir 2 ure.

HOEVEELHEID: 40 vingers.

BRON: Annelien Pienaar.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking